Weg!

SUPERSEWE

Dis somer, en almal wil ’n sambreel in die sand plant en die jaar se sorge vergeet. Sommige geniet die samesyn in die son terwyl ander net ’n swarttobie vir geselskap soek. Hier is sewe strande vir die menssku baaier.

-

Op dié sewe stil strande gaan jy nie sukkel om plek te kry om jou strandhand­doek oop te gooi nie

Kyk, dit ís vet pret om vroegoggen­d die koelboks, sambrele, handdoeke, emmers-en-grafies, beach bats en gazebo in die kattebak te laai en strand toe te mik vir die dag. Jy kies ’n lekker kol, plant jou sambreel en slaan jou leesboek oop. Die kinders jol op die sand of in die branders en kom pla jou net as hulle honger is. ( Of die roomysverk­oper gewaar het. – Red.)

Die enigste haakplek is, dis wat álmal wil doen, en daarom raak die gewilde strande propvol oor die feestyd. Op só ’n vreeslik oorvol strand kan dit soms voel asof ’n mens deur die mall probeer beur!

Ons het ’n paar strande gaan soek waar jy en jou sambreel alleen kan wees. Ja, daar is strande wat selfs in Desember stil is.

Hierdie strande is gewoonlik in ’n natuurrese­rvaat, moeilik om by uit te kom, nie swemvriend­elik nie of bloot minder bekend.

Hoe dit ook al sy, dis die soort strand waar daar meer meeue as mense is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa