Weg!

MENSE SE LENSE

-

’n Luiperd wat gaap, die Drakensber­g teen dagbreek, ’n Himbakampv­uur onder die sterrelug en koring op die Franse platteland... Bespreek Toast dié maand jou foto?

Canon EOS 1Dx Mk. II Canon 600 mm-lens met 1.4x-omskakelaa­r

DAVID SKRYF: Ons het tien dae lank by die Biyamiti-boskamp in die Krugerwild­tuin gebly.

Ons het eendag na OnderSabie gery, waar my vrou die September 2018-uitgawe van Weg gekoop het. Terug by Biyamiti het ek deur die tydskrif geblaai en die leser Rian Boshoff se brief gelees (bl. 12, Weg #167). Die feit dat hy ’n luiperdwel­pie gesien het, het my geïnspiree­r – so ook sy opmerking dat dit die soort ding is wat ’n mens op ’n plek soos Sabi Sand sou verwag, maar ook in die wildtuin kan sien.

Daai middag het ons gaan ry op ’n stuk sandpad langs die Biyamitiri­vier wat net vir die gaste van die kamp toeganklik is. Ek het in die takke gesoek vir ’n luiperd en gehoop dat ek – nes Rian – een in die Kruger sou kon afneem.

Op pad terug, sowat 3 km van die kamp af, het die son agter die horison gesak. Ek het steeds hoopvol die bome deursoek. Ons het net om ’n draai gekom toe ek ’n stert van ’n tak af sien hang! TOAST SÊ: David, ek moet erken: Ek is so jaloers op dié foto van jou! Hoeveel keer het my oë nie ook al die bome deursoek vir ’n luiperd nie… Ek hét al een in ’n boom gesien, eenkeer in die Serengeti, maar hy was te ver weg vir ’n goeie foto en het meer soos ’n opgestopte sokkie gelyk. Die hoek was verkeerd, die lig was verkeerd, en daar was takke voor die luiperd…

Als wat verkeerd geloop het vir my, het vir David uitgewerk. Die tak word die ideale troon vir die luiperd – daar is niks op die agter- of voorgrond wat ’n mens se aandag aftrek nie. Die hoek is ook reg. Kyk hoe duidelik sien ’n mens die buitelyne van die dier – dis ongetwyfel­d ’n luiperd, selfs met die eerste oogopslag (en dit sou ook gewees as dit net ’n silhoeët was). En daarby gaap die luiperd!

Die lig was aan die kwyn en daarom het David sy ISO tot 6 400 verhoog om ’n sluiterspo­ed van 1/250ste van ’n sekonde te gebruik.

Nie die soort ding waarmee ’n mens in die dae van filmkamera­s sou kon wegkom nie – dankie tog vir die moderne gemak van digitale fotografie!

Mooi so, David, jy is dié maand ons wenner!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa