Weg!

WIELE

Die Renault Duster is ’n onopgesmuk­te werkesel vir die middelklas, ’n stewige gesinsmoto­r waarin jy lekker hoog sit en wat boonop grondpad kan ry. Gaan die nuwe een ook in sy duisende verkoop?

- WOORDE PIERRE STEYN

Die nuwe Renault Duster is ’n kar vir Jan Alleman, skryf Pierre Steyn, – hy soos die Tom Hanks van die motorwêrel­d

As ons ’n akteur moet kies om die rol van die Renault Duster te speel, sou dit nie George Clooney wees nie. Dis nie die ou met die Rolex aan die arm, die blink snyerspak en die puntskoene wat die heldin se knieë laat knak nie.

Dis ’n kar vir Jan Alleman, en niemand speel daai rol beter as Tom Hanks nie. Tom ken nie karate nie. Hy spring nie by helikopter­s uit nie. Hy vry nie in die bondel nie. Maar hy’s die ou wat deurdruk tot die einde, iemand op wie jy kan vertrou. Jy wil hom as jou man, jou pa of jou beste pêl hê, want hy gaan jou nie drop nie. Jy kan nie anders as om van die ou te hou nie.

En ’n mens kan nie anders as om van die Duster te hou nie. Dis een van daai eenvoudige motors wat lekker werk op ons Afrika-paaie. Jy het nie 20 ouens in wit jasse, skootreken­aars en ’n algoritme nodig om jou kar reg te maak as iets tussen Garies en Bitterfont­ein verkeerd loop nie. Maar dis steeds gemaklik en modern genoeg om lang ente te ry of net tussen die huis, die skool en die werk te pendel.

Dis verbasend om te dink die Duster is in 2013 die eerste keer in Suid-Afrika verkoop, want dit voel ek sien baie van hulle op die pad. ( Die feit dat Weg se joernalist­e al vier jaar lank in twee Dusters ry, het dalk ook iets hiermee te doen! – Red.)

Sedertdien het 15 000 Dusters al hier ’n huis gekry, wat bevestig dat dit een van die gewildste sportnutsv­oertuie in ons mark is.

Ons het die vlagskipmo­del – die 1,5 liter-dCi Prestige 4x2 – by Sabie op grondpaaie en lang ente teer gery, en dis ’n kar wat goeie waarde vir geld bied. Die reeks begin met ’n 1,6 liter-petrol teen R249 900, en al die ander duurder modelle het ’n dieselenji­n.

Daar is ’n 4x4-model wat nou in Januarie bekend gestel word, maar die Prestige met ’n nuwe outomaties­e dubbelkopp­elaarratka­s is teen R334 900 die duurste in die reeks.

Die grootste veranderin­g aan die Duster se bonkige uiterlike lê by die nuwe LEDligte voor en agter, asook nuwe 17 duim-allooiwiel­vellings. Binne-in die kajuit is daar heelwat verbeterin­ge: die gehalte van die materiale is beter, die sitplekke gemakliker, die raakopperv­lakke sagter en die vermaakste­lsel maklik om te gebruik.

Die grootste verbeterin­g lê egter in die ritgehalte. Jy moes in die ou Duster hier teen 120 km/h vir Bruce Springstee­n se “Born to Run” nogal hard oopdraai om die padgeraas uit te doof. Nou kan jy teen daai spoed saam neurie aan Sade se “Smooth Operator”.

Die bak wieg ’n bietjie deur die draaie, maar die keersy is dat die rit lekker sag is. Net reg vir die langpad. Die 1,5 liter-turbodiese­l is nie gebou vir versnelren­ne nie, maar hy’t genoeg wringkrag as jy vragmotors wil verbysteek en hy’s lig op brandstof.

Nes Tom Hanks al met Oscars beloon is, gaan die nuwe Duster ongetwyfel­d diep in plaaslike kopers se harte (en motorhuise) kruip.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa