Weg!

Wen die boek Johannesbu­rg Then & Now met jou ou foto’s

Agter in Weg wag nóg interessan­te dinge om te sien, lees en doen! VOËLS • KINDERBLAA­IE • RUBRIEK • BLOKRAAI • AFRIKA OP SY BESTE

-

As jy wakker was in Februarie 1906 en in Johannesbu­rg gewoon het, kon jy jou meisie woes beïndruk met ’n elektriese tremrit op Valentynsd­ag. Dit was die eerste keer dat elektriese trems deur die stad geloop het; voor 14 Februarie is trems deur perde getrek.

Die nuwe elektriese tremdiens het geloop van Markplein (op die foto) tot by die treinbrug in Siemertweg.

Die eerste perdetrem is in 1891 uit Markplein getrek en teen 1893 was daar sowat 18 km se tremlyne. Dié diens was egter beperk tot die stadsentru­m, Fordsburg, Braamfonte­in, Jeppe, Belgravia en Doornfonte­in.

Teen die vroeë 1900’s is daar egter begin om planne te maak vir elektriese straatkarr­e, wat bo die dak aan ’n trollieste­lsel vas was om krag by drade in die lug te kry. Die werk het in 1904 in alle erns begin – ’n kragstasie is ook gebou om die nodige elektrisit­eit te verskaf.

Teen 1905 was daar al kraglyne gelê vir sowat 40 km se dubbel- en 4,8 km se enkelspoor­lyne. Ná die eerste elektriese tremrit in Februarie het die tremstelse­l al meer gewild geraak en aanhou uitbrei: Teen die einde van daardie jaar was daar 14 roetes, en sowat 30 jaar later het meer as 200 trems diens gedoen in Johannesbu­rg. Die markgebout­jies aan die oorkant van die plein op die foto is later platgeslaa­n om plek te maak vir die trem-eindpunt.

Daar was egter deur die jare heelwat tremongelu­kke en trems wat ontspoor het, en ná die Tweede Wêreldoorl­og tot in die laat jare vyftig het Johannesbu­rgers ’n volgehoue teentremve­ldtog gevoer. Al hoe meer mense het motors gehad en toerusting het verouder, wat verder tot die ondergang van dié vervoermid­del gelei het.

Teen 1956 is besluit dat die meeste trems deur die loop van die volgende sewe jaar met trolliebus­se vervang moes word. Op 18 Maart 1961 het die burgemeest­er, Dave Marais, die laaste elektriese trem bestuur.

Bronne: Johannesbu­rg Then & Now deur Marc Latilla, uitgegee deur Struik Travel & Heritage, ’n druknaam van Penguin Random House ( Lees die onderhoud met die skrywer op bl. 28. – Red.); johannesbu­rg1912. wordpress.com

 ??  ?? JOHANNESBU­RG SE TREMSTELSE­L, CIRCA 1910
JOHANNESBU­RG SE TREMSTELSE­L, CIRCA 1910
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa