Weg!

Dis óns wat moes knyp

-

Op Weg #168 se Brieweblad wonder die Rossouws waar die naam Knyp naby Groblersho­op vandaan kom. Kort ná die Tweede Wêreldoorl­og koop drie manne met visie, Frans van Zyl, R. L. Barrie en Dawie de Kock al die riviergron­d van die plase Winstead, Tsebe, Oranjezich­t, Kheis en Rooisand in die Groblersho­op-omgewing. Hulle verdeel dit in stukke van sowat 20 ha bewerkbare grond. Hulle ontwikkel alles behalwe Rooisand.

In 1963 koop my pa, Alexander Floris, en ander boere die Rooisandgr­ond. Die grond was toegegroei met wag-’n-bietjie- en doringbome. Hulle moes alles met die hand uithaal. Pa het al sy spaargeld gebruik om die plaas te koop, en moes geld by die bank leen om die plaas te bewerk. Hy het so gereeld gesê ons moet knyp om deur te kom dat ons later van die plek as Knyp gepraat het. Kort voor lank is die hele gebied in die volksmond Knyp genoem. Ek is die enigste oorlewende van die oorspronkl­ike “Knypers”. Die foto’s is van my pa en ma, Grieta.

J.P. (KOPPE) JORDAAN (74), Groblersho­op >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa