Mal oor Madagaskar!
In Augustus 2018 het ons die voorreg gehad om Madagaskar te besoek. Ons was op ’n sewe dae lange kajaktoer saam met Kayak Safaris Madagascar wat op Iranja-eiland begin en op Nosy Komba-eiland eindig. Dit was ’n wonderlike ervaring met vriendelike, trotse inwoners, ongelooflike natuurtonele en heerlike kos. Die see was blinkhelder en 30 °C.
ETIENNE PICKARD, Knysna