Weg!

HANS LINDE

-

van Durbanvill­e vra: Daar is 'n vink wat elke jaar in ons agterplaas nesmaak.

Hierdie jaar het hy onder meer 'n dubbelverd­iepingnes gebou – is dit algemene gedrag? Die voëlkenner LUKAS NIEMAND antwoord: Dis 'n swartkeelg­eelvink wat sy nuwe nes onder 'n leë nes bou. Dis 'n raar verskynsel, maar dit is al aangeteken. Gewoonlik sal die mannetjies die nes afbreek aan die einde van die broeiseiso­en en 'n nuwe nes bou in die volgende broeiseiso­en. Dit lyk asof dié mannetjie eers begin bou het op die vorige nes (gegewe die vars materiaal op 'n deel van die boonste nes), maar aangesien die basis (die takkie waaraan die nes hang) maar effentjies is, het hy moontlik besluit om eerder die ou nes as basis te gebruik en die nuwe nes onder die ander een te bou. Dit sou meer vaardighei­d vereis om 'n nuwe nes aan die dun basis te bou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa