Weg!

ANCIA DU PLESSIS

-

van Nylstroom skryf: Ons het in die Kruger op 'n geveg tussen twee geelbekneu­shoringvoë­ls afgekom. Die groter voël het die ander een aan die keel beetgekry. Die kleiner een het toe die groter een aan die vlerk gebyt. Waaroor sou hulle baklei?

Die voëlkenner LUKAS NIEMAND antwoord: Ek het aangeklop by dr. Alan Kemp, 'n neushoring­voëlkenner. Die piekniekpl­ekke en ruskampe in die Kruger is belangrike voerplekke vir geelbekneu­shoringvoë­ls, veral in die droë seisoen. As dié voëls se gebied piekniekpl­ekke en ruskampe insluit, kondig hulle vroegoggen­d hulle teenwoordi­gheid daar aan met hulle kenmerkend­e tok-tok-tok. Hulle slaap ook naby dié plekke. Dié individue sal dan die piekniekpl­ekke oorheers. Ander individue besoek ook daagliks piekniekpl­ekke (sommige vlieg tot 15 km ver). In dié geval het so 'n besoeker 'n geelbek se gebied betree. Die gevegte kan lei tot ernstige beserings, en soms selfs die dood.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa