Weg!

PIETER THERON

-

van Fraserburg skryf: Ek het hierdie voël afgeneem met 'n veldkamera wat ek eintlik vir iets anders gestel het. Dit voël se grootte was tussen die van'n spreeu en 'n duif. Ek kry dit nie in 'n voëlgids nie. Kan julle dalk help?

Die voëlkenner JOHAN VAN ROOYEN antwoord: Dis belangrik om die grootte op te let, veral as jy 'n foto vir identifika­sie neem, en Pieter het dit goed gedoen. Dis 'n bergwagter. Hulle kleur kan wissel, maar die wit kruis, wit op die skouer en wit kantvere van die stert is kenmerkend. Hulle kan ook 'n wit of grys kroon hê.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa