Weg!

LEER MEER OOR FYNBOS IN DIE HEMEL-EN-AARDEVALLE­I

- – Suzaan Hall >

Lus vir iets anders as seesand en draairoomy­s vir julle volgende Hermanusna­week? Gaan stap deur die fynbos op die Bouchard Finlayson-wynplaas in die Hemel-en-Aardevalle­i. Net 25 ha van dié plaas dra wingerd, op die ander 100 ha word meer as 330 plantspesi­es bewaar.

Die plaas het drie staproetes – van 45 minute tot 2½ uur. Kom stap op jou eie: Dis gratis; kry net ’n stapkaart by die kelder. Interessan­thede op die roete (soos waar indringers­pesies verwyder is of hoe palmietgra­sse help om erosie te vermy) is met bordjies gemerk.

Of stap saam met Frank Woodvine (89), ’n wandelende fynbos-ensikloped­ie, wat nie vir ’n opdraande skrik nie.

Frank wys jou hoe fynbos weer hier gevestig word. Hy wys verskillen­de soorte proteas, suikerbos en heide uit. Tussendeur help hy jou om spesiename te leer – soos die Thymelacea­e- familie wat met die rympie “Tie my laces” onthou kan word.

Langs die pad kry jy ’n mooi uitsig oor die vallei met sy laslappiew­ingerde en die R320 wat daardeur kronkel.

Proe ná die tyd van Bouchard Finlayson se wyn (R30 p.p. vir drie wyne; R50 p.p. vir ses) en bestel ’n peuselbord met kouevleis, kaas, brood, olyfolie, olywe en neute (R240 vir twee mense).

Koste R400 vir tot 6 mense, R60 p.p. wat bykom, maksimum 12 mense. ’n Wynproe kos R30 p.p. vir drie wyne en R50 p.p. vir ses wyne. Jy kies self watter roete jy wil doen – sê net wanneer jy bespreek hoe lank julle wil stap. Wanneer? Die begeleide stap het nie vaste tye nie: Dit word aangebied wanneer Frank beskikbaar is. Bespreek vooraf – minstens ’n week vooruit. As jy op jou eie stap, kan jy dit enige tyd binne kelderure doen: Maandag-Vrydag: 9 vm.-5 nm.; Saterdag: 10 vm.-1 nm. Waar? Die Bouchard Finlayson-wynplaas is langs die R320, sowat 6 km van die R43 af, en 11 km van Hermanus af. Kontak 028 312 3515; bouchardfi­nlayson.co.za

Weg was die gas van Bouchard Finlayson vir die begeleide fynbosstap.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa