Weg!

1 020 km

-

Dis hoe ver ’n kleinflami­nk in één vlug gevlieg het. Die Trust vir Bedreigde Natuurlewe het in 2016 ’n GPS-toestel aan 12 flaminke vasgemaak om meer te leer oor dié bedreigde voëls se vlugpatron­e.

Een van hulle, Kucki, het dié afstand afgelê tussen Mosambiek en Madagaskar (dit het ’n bietjie minder as 24 uur geneem) en toe byna 2 jaar lank op die eiland gebly.

In Mei 2018 het sy weer teruggevli­eg – dié keer 927 km ver in ’n enkele vlug.

Met haar terugvlug het Kucki op dieselfde plek opgestyg as waar sy in 2016 geland het: by die monding van die Mangokyriv­ier.

Bron ewt.org.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa