Weg!

Oggendtee saam met Mars en Jupiter

- – Willie Koorts

Gereelde lesers van hierdie rubriek sal onthou hoe al vyf planete wat ’n mens met die blote oog kan sien, vir oulaas in Oktober 2018 sigbaar was voordat Venus en Jupiter kort daarna in die gloed van die Son verdwyn het. As jy intussen gewonder het wat van hulle geword het, staan een oggend in Januarie ’ n uur voor sonsopkoms op. Kyk dan oos: Jy sal naby aan die horison twee onmiskenba­re helder “sterre” sien. Die helderste een is Venus wat sedert November diens doen as die “oggendster”. Venus is steeds baie helder; jy kan hom nie miskyk nie.

Verlede jaar was Mars nog redelik naby aan die Aarde en dus baie helder (die helderste naas Venus), maar Jupiter het intussen sy plek as die naashelder­ste planeet herwin en sit nou soggens net sowat 8° skuins bo Venus.

Op 31 Januarie sluit die sekelmaan by hulle aan vir ’n mooi groepering wat jy sommer met jou selfoon kan afneem – hou net die foon mooi stil.

Om die prentjie mooi af te rond sit die herkenbare Skerpioen met sy krulstert reg bo hierdie driehoekie, met die Sagittariu­s-“teepot” regs daarvan. As jy mooi kyk, kan jy Saturnus ook sien – hy is effens gelerig en sit skuins onder die teepot se handvatsel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa