Weg!

Ken jou bokkies

- – Albie Venter

Het jy al ’n Sharpe se grysbok te sien? Hoe weet jy dit was nie ’n gewone steenbokki­e nie? Dié twee bokkies word maklik verwar. Hier is ’n paar eienskappe sodat jy dié bokkie met sekerheid op jou lys kan afmerk.

Hier is twee grysbokspe­sies in Suid-Afrika – die Kaapse grysbok en Sharpe se grysbok. Hulle verspreidi­ngsgebiede oorvleuel nie. Die Kaapse grysbok hou in die Wes-, Suid- en Suidwes-Kaap terwyl die Sharpe se grysbok effens meer algemeen is en voorkom in die droër streke noord van die Soutpansbe­rg, en in die Krugerwild­tuin noord van die Olifantsri­vier. Ek sê “effens” meer algemeen – dit beteken geensins hulle is volop nie. Ek is elke keer báie opgewonde wanneer ek een te sien kry. En ek het nog nooit ’n Kaapse grysbok gesien nie.

Sharpe se grysbokke is geheimsinn­ige diertjies wat byna net snags aktief is, hoewel ’n mens hulle soms vroegoggen­d of laatmiddag sien. Dié spioene van die bokfamilie maak ook geen geluide wat dalk hulle posisie kan verklap nie.

Hulle is effens kleiner as ’n steenbokki­e, met kleiner ore en ’n meer geronde, korter neus. Wanneer jy die bokkie van naby sien, word die rede vir sy naam duidelik: Die rooibruin pels is bespikkel met ’n hele paar grys hare – wat dit ’n sout-en-peper voorkoms gee, in ware George Clooney-styl. Dié ligter vlekke en sy dofgeel borskant onderskei hom ook van die steenbok.

Omdat die bokkie so skugter is, weet ons nie veel van sy gedrag nie. Hulle word gewoonlik alleen gesien. Die ramme merk takkies met afskeiding­s van die klier voor hulle oë, wat waarskynli­k beteken hulle is territoria­al. Ramme en ooie mis op hope in die tuisgebied, wat ook op territoria­liteit kan dui. Hulle hou in plekke met goeie plantbesku­tting en verkies lae ruigtes met oop kolle gras langsaan. Maar jy kan hulle ook sien op klipkoppie­s met kolle dik bosse aan die voet daarvan. Die ootjie kry net een lam en steek vir kinta goed weg vir die eerste paar maande.

Die Mahonie-sirkelpad naby Punda Maria is glo die beste plek in die Krugerwild­tuin om hulle te siene te kry. Dis waar ek dié foto geneem het. Ek hoop jy’s ook so gelukkig! Bykomende bron: Stuart se veldgids tot soogdiere van Suider

Afrika deur Chris & Mathilde Stuart >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa