Weg!

HET JY GEHOOR?

-

Slegte nuus...

Afrikapikk­ewyne en Weskuskrew­e se getalle in Suid-Afrika se kuswaters neem steeds teen ’n kommerwekk­ende spoed af, het die WWF Suid-Afrika onlangs bekend gemaak in sy 2018-bestekopna­me van ons see-ekonomie.

Die pikkewynbe­volking neem af weens minder kos wat vir hulle beskikbaar is. Buiten oorbevissi­ng het klimaatsve­randering ook ’n uitwerking: Die water word warmer en minder sout en dit laat die visspesies wat hulle gewoonlik aan ons kus vreet, verder suid trek. Krewe word minder weens hoë vlakke van onwettige en ongeregule­erde vissery en swak bestuur van die vissery.

... en goeie nuus

Al twee die stokvisspe­sies wat in ons waters voorkom – diep- en vlakwaters­tokvis – se getalle het aansienlik toegeneem en die visserye is volhoubaar – dit wys dat WWF SASSI se programme om dié spesies te monitor en te bewaar ’n positiewe uitwerking op visbevolki­ngs het. Bron: WWF South Africa 2018 Ocean Scorecard

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa