Weg!

PADMUSIEK

R69 by Google Play

-

My Soul Got Stranger

deur Sannie Fox

Sannie is deel van die uitgebreid­e Fox-familie wat ander bekende SuidAfrika­anse kreatiewe geeste soos Justin (reisskrywe­r), Grethe (aktrise) en Revel (argitek) insluit.

Nadat haar eerste groep, Machineri, naam gemaak het in plaaslike kringe, het Sannie die solo-album Serpente Masjien (2015) uitgereik.

My Soul Got Stranger is haar tweede solo-album en beslis haar mees selfversek­erde poging. Sannie se kitaarspel – geslyp by lewendige optredes (sy tree deesdae gereeld oorsee op) – in kombinasie met haar sielvolle stem gee die album ’n dromerige gehalte.

“Shunting Train” sal ’n glimlag so wyd soos ’n treinwerf op ’n bluesrock-aanhanger se gesig sit, “Sorrow” kon ’n verlore Amy Winehouse-liedjie gewees het (dit het ’n besonderse verwerking vir strykinstr­umente) en “Darlin Plz” is die soort liedjie wat jy heeldag op die radio behoort te hoor (en wat jou sal laat dink: Dit klink soos musiek wat in die 1970’s gemaak is).

– Toast Coetzer

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa