Weg!

5 BOULDERS, SIMONSTAD

- – Pierre Steyn

Dis fyn pikkewyn, my ou

Dis alte lekker om teen sonsonderg­ang styf langs ’n geliefde op ’n strand te sit en oor ’n satyngladd­e baai te tuur. Maar jy gaan asem ophou wanneer een van die mees bedreigde voëls op die aardbol na jou aangeswem kom, in die vlak water regop staan en kordaat verby jou waggel.

Bouldersst­rand by Simonstad is die tuiste van ’n kolonie brilpikkew­yne. Daar is minder as 26 000 broeipare wêreldwyd oor, en sowat 2 000 van hulle hou hier op die strand. En hulle is nie veel gepla met mense nie; dus kan jy “saam” met hulle swem en tan.

Boulders is deel van die Tafelberg- nasionale park. Kom gooi jou handdoek oop op een van die drie beskutte strandjies of stap op die netjiese plankiespa­aie deur die bosse om Pa, Ma en kleinding op die familienes te sien.

Koste Bewaringst­arief van R76 p.p. en R41 per kind jonger as 12. Oop Die tye verander na gelang van die seisoen, maar in Desember en Januarie is hulle elke dag oop van 7 vm tot 7.30 nm.

WENK In Desemberva­kansies is Boulders uiters gewild – kom vroeg as jy die strand en die pikkewyne vir jouself wil hê.

021 712 0527; sanparks.org

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa