Weg!

7 TAFELBERG, SEDERBERG

- – Sven Hugo

Nee, die ánder grote

As jy aan die voet van Tafelberg in die Sederberg staan, lyk dit soos ’n enorme sandsteen-deurstop wat op ’n plato staan. Dis ’n berg bo-op ’n berg.

Tafelberg in Kaapstad is op sy hoogste punt 1 084 m, en Tafelberg in die Sederberg is op 1 964 m byna twee keer so hoog. Naas Sneeuberg is dit die hoogste spits in die Sederberg.

Dis sowat 14 km se stap heen en weer van die Welbedacht-parkeerter­rein af tot bo-op Tafelberg. Hier is plekke op pad om waterbotte­ls vol te maak, maar dra minstens 2 liter water saam in jou rugsak.

Die Tafelbergr­oete is nie onfikse stappers beskore nie en die laaste paar honderd meter se klim tot bo behels kettings en ’n skoorsteen waardeur jy moet wriemel.

As dit vir jou te tegnies klink, stap net tot by die opening tussen Tafelberg en The Spout, wat aan jou regterkant soos ’n klipketelt­jie lyk. Stap op tot tussen die twee rotsformas­ies (GPS S32.41431 E19.20988) en span ’n bietjie uit. Van hier af kan jy ook oos kyk na die Langkloof en die eindelose valleie wat in Wupperthal se rigting soos ’n roesdonker­see vloei. Die bekende rotskolom The Pillar Box staan dan links van jou.

In hierdie klipkerk kry ’n mens perspektie­f. Sê dankie dat jy hier kan wees, en stap dan met dieselfde paadjie terug. Koste Bewaringst­arief van R70 p.p., R40 per kind.

Slaapplek? Die Driehoek-gasteplaas is sowat 2 km van Welbedacht af. Kamp: Vanaf R320 p.n. vir 4 mense en R90 per ekstra persoon (slaapplek vir 6 mense). Houthutte: Vanaf R470 p.n. vir 2 mense of vanaf R610 p.n. vir 2 mense met eie badkamer. Selfsorghu­ise: Vanaf R800 vir 2 mense tot R2 200 vir 12.

WENK Dit raak bloedig warm in die somer en snerpend koud in die winter. Mik dus vir die seisoene tussenin.

027 482 2828; cederberg-accommodat­ion.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa