Weg!

8 DIE OTTERSTAPR­OETE, TUINROETE

- – Suzaan Hall

Bespreek vandag!

Op die Otterroete van 45 km staan jy die een oomblik op ’n krans die verte in en tuur terwyl die branders onder jou dreun, en die volgende oomblik draai jy woud-in en word alle geraas deur ’n digte blaredak uitgedoof sodat jy mooi kan luister hoe ’n bandkeelkl­einjantjie iewers bo jou sy liedjie sing. Die roete tussen Stormsrivi­er en Nature’s Valley is nie ’n rustige Sondagwand­eling nie. Die dae is egter nie te lank nie en voor jy jou kom kry, is jy by die hutte en dié het aand ná aand so ’n mooi uitsig dat jy skaars kan glo jy en jou stapmaats mag daar slaap.

Jy gaan dalk eers volgende jaar plek kry, veral as julle ’n groep vriende is wat saam wil stap. Maak dus daai bespreking vandag nog!

Koste R1 302 p.p., plus R59 bewaringst­arief p.p.p.d. (gratis met ’n Wild Card). Die roete het plek vir 12 mense. Elke oornagplek het twee hutte, elkeen met ses beddens, ’n gemeenskap­like lapa en ’n (koue!) stort.

WENK As jy nie dié jaar al plek kry nie, stap solank die Watervalro­ete van die Stormsrivi­erruskamp af. Jy stap die eerste 3 km van die Otterroete tot by ’n waterval met ’n swempoel, en weer terug.

012 426 5111; specialise­dreservati­ons@sanparks.org; sanparks.org

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa