Weg!

9 ST. BLAIZE TRAIL, MOSSELBAAI

- – Lawrette McFarlane >

Hoog bo die see

’n Mens kan skaars glo hierdie dagstap tussen Mosselbaai en Danabaai is gratis. Die seelug is vars, die fynbosveld is vrolik en die uitsigte 180°!

Jy stap nou en dan oor ’n stukkie sand, maar meestal hou jy bo-op kranse en kyk af see toe. Ja, kyk, daar draai ’n logge walvis haar lyf en flits ’n skool dolfyne verby!

Die roete van 13,5 km is lank, maar dis nie tegnies nie. En jy’s mos nie haastig nie...

Waar? Jy kan die roete in enige rigting stap, maar as jy vroegoggen­d wil stap, begin liefs op Mosselbaai, want dan is die son agter jou.

Parkeer by die vuurtoring by die Punt. Die staproete begin by die St. Blaize-grot – volg die swarttobie­bordjies.

Reël dat iemand julle op Danabaai in Malvastraa­t kom haal – daar is ’n bordjie wat die roete aandui.

WENK Neem genoeg drinkwater en padkos saam. Hier is min skadu en skuilplek teen die son of wind; pak dus ’n hoed, sonroom en warm baadjie.

044 691 2202 (Mosselbaai-toerisme)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa