Weg!

11 HLUHLUWE-IMFOLOZIWI­LDRESERVAA­T

- François Haasbroek >

Renosters by dosyne

As jy in Suid-Afrika gewaarborg wil wees om ’n renoster te sien, kan jy mik vir ’n dieretuin of die oudste reservaat in die land: die Hluhluwe-iMfoloziwi­ldreservaa­t. Maar wie wil nou dieretuin toe gaan?

Daar is renosters in ander parke en reservate, maar in Hluhluwe-iMfolozi loop hulle rond soos beeste langs die N2.

Die R511-teerpad sny die park in die helfte met iMfolozi in die suide en Hluhluwe in die noorde. iMfolozi is witrenoste­rwêreld. Die samevloeii­ng van die Wit- en Swart-Imfoloziri­vier is in dié deel van die park. Die gebied tussen die twee riviere was destyds koning Sjaka se private jagveld.

Tsetsevlie­ë het ander jagters en boere uit die gebied gehou. Nadat die witrenoste­r in die 1800’s byna tot uitwissing gejag is, is ’n groep van sowat 500 hier ontdek. Al die witrenoste­rs in die wêreld is nasate van dié spulletjie.

Die meer sosiale witrenoste­rs is grasvreter­s en verkies die platter landskap van die iMfolozi-deel. Die skugter en heelwat kleiner swartrenos­ter verkies die meer bergagtige Hluhluwe-deel. As jy twyfel: Die swartrenos­ter is die een met die beneukte uitdrukkin­g.

Koste Bewaringst­arief van R110 p.p. vir al twee dele van die park. Halfprys vir kinders jonger as 12.

Blyplek Mpila-ruskamp (iMfolozi): Safaritent en selfsorghu­ise vanaf R1 030 p.n., slaapplek vir 2 mense. Hilltop-ruskamp (Hluhluwe): selfsorgro­ndawels vanaf R720 p.p. Selfsorgch­alets vanaf R2 700 p.n., slaapplek vir 3 mense. Private lodge: vanaf R5 400 p.n., slaapplek vir 6 mense.

WENK Drink ’n koffie op die stoep van die Mpunyane-restaurant in die Hilltop-ruskamp. Gooi ’n R5 in die staanverky­ker – dis St. Lucia se duine wat jy daar doer sien.

035 550 8476 (iMfolozi); 035 562 0848 (Hluhluwe); kznwildlif­e.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa