Weg!

12 MAPUTALAND

- – Evan Naudé

Waar seeskilpaa­ie nesskop

In November elke jaar swem dragtige leerrug- en karetseesk­ilpaaie uit die diepsee na die strande tussen die kusdorpie St. Lucia en Kosibaai in die noorde van KwaZulu-Natal. Kenners sê die skilpaaie het ’n uitstekend­e geheue en keer dikwels terug na die strand waar hulle gebore is.

Die moeders soek dan ’n plekkie bo die hoogwaterm­erk en grawe ’n nes van sowat 1 m diep in die sand waarin sy tot 100 eiers lê. Sy keer dieselfde aand terug see toe en sien nooit weer haar kinders nie.

Tussen Januarie en Maart broei dié kleintjies – skaars groter as ’n gholfbal – uit en gee hulle eerste treetjies voor hulle die lang en gevaarlike pad see toe aandurf. Die jong skilpadjie­s is ’n gunsteling­happie vir onder meer seemeeue en spookkrapp­e.

Anders as ’n erdvark in die Kruger, is jou kanse redelik goed om die seeskilpaa­ie te sien, want die Parkeraad hou die neste met ’n arendsoog (en GPS) dop en die gidse lees die strand soos ’n spoorsnyer.

Dit voel soos ’n wonderwerk wanneer die gids se flitslig skielik tot stilstand kom op ’n sandkol. Daar, wys hy, steek ’n skilpadjie se kop uit. Hy knip sy ogies vir die eerste keer en probeer sin maak van die wêreld buite die nes. Sterkte, Skillie!

Koste Die broeiplekk­e is in die Isimangali­so-vleilandpa­rk – jy kan dus net saam met ’n gids die skilpaaie gaan soek. Verskeie operateurs bied skilpadtoe­re aan – dit kos sowat R680 p.p. Jy kan kom kyk hoe die seeskilpad eiers lê of hoe die eiers uitbroei. Pryse wissel afhangend van die groepgroot­te en ekstras soos piekniekma­ndjies en vervoer. Pryse begin by R600 p.p. Gaan na isimangali­so.com/activity/turtle-tours.

Slaapplek Kosibay Lodge het en suite-safaritent­e (vanaf R280 p.p.) met ’n gemeenskap­like kombuis en selfsorgch­alets (vanaf R400 p.p.) 083 262 4865; kosibaylod­ge.co.za

WENK Bring ’n koplig en ’n warm baadjie; dit kan koud en winderig raak op die strand.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa