Weg!

15 PANORAMARO­ETE, BLYDERIVIE­RCANYON

- – Esma Marnewick

Uitsigte by dosyne

Mpumalanga se Panoramaro­ete gaan jou verwonder laat. Dié roete loop al langs die verre noordooste­like punt van die Drakensber­gse platorand, waar die Hoëveld die knie tot in die Laeveld buig. Hier’s vyf watervalle, vyf uitkykpunt­e en ’n rits ongewone goed soos Bourke’s Luck se maalgate so groot soos swembadden­s, die hengse glashysbak by Graskop én ’n skoen waarin jy kan oornag (langs die R36 noord van Ohrigstad).

Moenie dié roete van die dorpie Sabie af verby Graskop, plantasies en gapende afgronde tot by die Drie Rondawels-uitkykpunt in een dag ry nie – dis te veel om in te neem. Trouens, maak ’n langnaweek daarvan en doen ook Ohrigstad en Pelgrimsru­s aan.

Die weer is nóg ’n rede om langer as ’n dag te kom. Die roete is in ’n somerreënv­alstreek en wanneer dit op sy groenste en die watervalle vol is, is die landskap dikwels in mis gehul. En dan gaan jy by God’s Window niks sien nie! Koste Toegangsta­rief by Burke’s Luck (dié foto): R55 p.p. en R20 per kind.

WENK Die meeste uitkykpunt­e lê oos van die roete en is dus laatmiddag op hulle mooiste.

013 764 1177; sabie.co.za; graskop.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa