Weg!

GOETERS WAT GEWERK HET

Vir ’n ernstige avontuur soos dié het jy taai toerusting nodig. Dié goed was onontbeerl­ik op Glen se reis.

-

MESMOERTAN­G Leatherman Wave

Ek het dit elke dag gebruik – vir enigiets van kosmaak tot blase dokter.

R2 100 by awesometoo­ls.co.za

SKOENE Lowa Zephyr GTX Mid TF

Hierdie stewels is régtig gemaklik – dit voel asof jy tekkies dra. Hulle is ideaal vir warm klimate omdat hulle kan asemhaal en vinnig droog word. Die hakgedeelt­e is dik, wat die stap sagter op jou voet maak. Ek het wel die sole af gestap, maar ons het immers sowat 2 500 km afgelê op ruwe terrein. R2 600 by

tacticaldi­stributors.co.za

LANGBROEK K-Way Explorer Kloof

Dié broek was ongeloofli­k. Hy raak vinnig droog, wat baie gehelp het omdat ons dikwels stroompies moes oorsteek. Die ritssak op een van die broeksakke is ideaal vir ’n klein kamera, GPS of selfoon.

Ek het my kaart in die teenoorges­telde kant se ritssakkie gesit. Ek het nog ’n broek gekoop om in my nuwe joppie in die teen strop i ng s bedryf te gebruik!

R 1000 by capeunionm­art.co.za

HEMP Columbia Silver Ridgelangm­ouhemp

Dis aan die duur kant, maar ek het die hemp al meer as drie jaar. Ek dra hom werk toe en wanneer ek op my ouers se plaas kuier. Dit word vinnig droog en het luggate onder die kieliebakk­e. R900 by

columbiasp­ortswear.co.za

SONLAAIER Powertrave­ller Extreme Solar

Die rubberbuit­ekant is ’n goeie ding, want ek kan lomp wees.

Dis groot maar lig en ’n mens kry ’n Velcro-strop by. Ek het hom aan my rugsak vasgemaak en dan bedags my Powermonke­ykragbank daarmee laai.

Saans terwyl ek slaap, het ek my foon en kamera met die Powermonke­y gelaai.

R1 300 by capeunionm­art.co.za

SELFOON Blackview BV6000s

Hierdie is my beste stuk toerusting; ek is berug vir die aantal fone (en skerms) wat ek al gebreek het. Ek het hiermee geswem, dit teen rotse gestamp en dit in uiterste hitte én koue gebruik – en dit het steeds gewerk.

Die skerm is van gorillagla­s, wat nie krap nie, en die hele foon is stof-, skok- en waterbesta­nd.

Dit het ’n GPS en kaarte wat werk al is daar nie ontvangs of Wi-Fi nie.

Die kaarte is uitstekend, veral omdat dit afstande kan uitwerk.

R3 700 van ruggedsa.co.za

RUGSAK Karrimor SF Odin 75 liter-rugsak

Hierdie rugsak het ’n militêre gradering en is so taai soos ’n ratel. Dit het al die gewig wat ons gedra het, maklik ingesluk. Gaan na karrimorsf.com/shop (geen SA verspreide­r)

TENT Snugpak Journey Solo

Dié eenmantent is ontwerp vir ekspedisie­s. Hy is lig met ’n waterdigte boseil waarmee hy sy man kon staan teen van die storms wat ons beleef het. Haal saans die boseil af vir sterre kyk. Gaan na snugpak.com (geen SA verspreide­r)

SLAAPSAK Snugpak Softie 3 Solstice

Dit weeg net 600 g, maar ek het nog nooit koudgekry nie, nie eens op koue woestynnag­te nie. Gaan na snugpak.com (geen SA verspreide­r)

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa