Weg!

RAMON MELLETT

-

Canon 5D Mk. 3 Canon 24-105 mm-lens @ramonmelle­tt

RAMON SKRYF: Ek en my vriend Matthew Bouch het ’n langnaweek in die Drakensber­g beplan vir Augustus 2018.

Ons het in die pad geval vir ’n vier dae lange stap- en fotografie­avontuur. Ons het by die Mnwenikult­urele stapsentru­m begin, met Rockeriesp­as op gestap en op die platorand gekamp.

Van daar af het ons ons weg gevind na die Mnwenipas, waar ons die laaste aand sou kamp voordat ons weer na onder stap. Op die eerste aand was daar ’n donderstor­m, met weerlig wat die grond meters van ons tent af getref het. Die volgende aand was dit bitterkoud (-10 ºC), want dit het gesneeu! Die eerste keer dat ek sneeu beleef het! Op dag drie het ons mooi toestande gehad, maar op die laaste dag het daar weer stormsterk winde geloei. Die Draak het áls oor ons pad gestuur.

Op ons laaste aand het ons besluit om op ’n krans regoor die ikoniese Mnweni Pinnacles te kamp. Ons het met sonsonderg­ang die ideale toestande gehad. Hier is ’n foto van Matthew wat dié besonderse uitsig wys.

TOAST SKRYF: Dié foto is ongeloofli­k! Die foto vang Ramon en Matthew se Drakensber­g-avontuur perfek vas. Die sneeu op die berg, die dramatiese lig, die afgrond anderkant Matthew (wat hopelik goeie vastrapple­k het).

Dit alles werk saam om te doen wat fotografie veronderst­el is om te doen: Dit vertel ’n storie in ’n enkele raampie.

Die foto doen selfs meer as dit: Dis inspireren­d. Dit maak my lus om óók die Drakensber­g te verken. Ek wil tot daar klim, die berglug inasem en wag vir die perfekte spel van lig. Dis die soort fotografie wat ons op dié bladsye wil publiseer. Die sin vir skaal wat die mens op die foto gee, is belangrik, asook die druppel kleur.

Goeie werk, Ramon! >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa