Weg!

SYLVIA DU TOIT

-

Canon Powershot SX60 HS

SYLVIA SKRYF: Dié koringland­e lê tussen Saint-Germain-de-Coulamer en Courcité in Frankryk. Die komposisie, vorms en kleur het my aandag getrek. Die boere stroop die koring hier teen einde Julie.

Die natuurskoo­n op die Franse platteland is mooi en my seun moes om elke hoek en draai stop vir ’n foto. Hy woon tans in Londen en het eiendom in Frankryk – ons het ’n ruk daar gaan kuier.

Ek stel ook veral in Frankryk belang aangesien ek die Du Toitfamili­egeskieden­is op CD bekom het. Ek kon my man se familie daarin opspoor.

Hulle geskiedeni­s begin waar die Hugenote-broers Guillame en Francois du Toit hulle op 23 Junie 1686 aan die Kaap vestig.

TOAST SÊ: Ek hou van hierdie foto omdat dit nié ’n foto van die Eiffeltori­ng is nie. Die mooi in ’n vreemde land is nie net die bekende toeriste-attraksies nie. Soms is dit die gewone – soos hierdie landelike toneel.

Dis goed om in ’n mens se familiespo­re te kan terugstap.

Die verlede is soos foto’s neem. Wanneer jy foto’s neem, gee jy aandag. Deur aandag te gee, sién jy. Net so met ’n blaai deur die geskiedeni­sboek.

Die herhaling in vorm van die bale is treffend, asook die laslappiek­ombers van landerye wat die agtergrond uitmaak. Dankie dat jy hierdie met ons gedeel het, Sylvia.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa