Weg!

Tamatiebre­die met steurgarna­le

- Vir 6 Voorbereit­yd 10 minute Gaarmaakty­d 30 minute

Die tikkie kaneel maak hierdie bredie iets besonders. Sit dit voor op geelrys met rosyne vir ’n smaaksensa­sie soos min.

Jy benodig

• olyfolie • 800 g steurgarna­le, skoongemaa­k • 1 ui, grofgekap • 2 knoffelhui­sies, gekap • 50 g tamatiepas­ta • 2 blikkies (800 g) gekapte

tamaties • 400 g Italiaanse tamaties • 2 eetlepels suiker • 1 teelepel fyn kaneel • 1 teelepel rissievlok­kies • sout na smaak • swartpeper na smaak

Só maak jy

1 Drup ’n skeut olyfolie oor die garnale en braai dit in ’n groot pot of pan tot pienk (sowat 3 minute). Skep die garnale uit.

2 Verhit nog olyfolie in ’n middelslag­pot en braai die ui vir sowat 5 minute oor matige hitte tot sag. Voeg die knoffel by en braai dit vir nog 1 minuut. Roer dan die tamatiepas­ta by en maak seker jy kook dit deur om te keer dat dit ’n bitter smaak in jou bredie laat.

3 Voeg die res van die bestanddel­e by die sous, geur dit na smaak met sout en swartpeper en laat dit vir 15-20 minute prut totdat jy ’n dik sous het. Skep die gaar steurgarna­le by die sous, roer liggies deur en sit dit dan voor saam met geelrys met rosyne. Roosterkoe­ke vir die sousie is net so lekker!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa