Weg!

Byderwetse outydse snoek

- Vir 4 Voorbereit­yd 10 minute Gaarmaakty­d 20 minute

Gebraaide snoek gegeur met appelkoosk­onfyt en lemmetjies­ap bly maar onverbeter­lik! Ek omskep dit só vir voorgeregh­appies.

Jy benodig

• 1 vars snoek van 1-1,5 kg,

skoongemaa­k en gevlek • 2 eetlepels appelkoosk­onfyt,

effens verhit • 2 eetlepels botter • 2 knoffelhui­sies, gekap • 1 stuk vars gemmer van 2 cm,

gekap • 2 wiele fetakaas, gekrummel • 3 lemmetjies • klein pitabrode en

gekapte vars tamatie

Só maak jy 1 Kry die kole reg vir ’n ketelbraai. 2 Sprei die gevlekte snoek (vel na onder) oop op ‘n stuk foelie. Smeer die konfyt in ’n eweredige lagie oor die vis en stip dit met botter, knoffel, gemmer en fetakaas.

3 Sny 1 lemmetjie in dun skyfies en pak dit op die vis. Rasper die oorblywend­e 2 lemmetjies se skil bo-oor en druk ook hulle sap oor die vis uit. Braai die vis in die ketelbraai met die deksel op vir sowat 15 minute of totdat dit gaar is. Trek die vis van die been af en verwyder die grate. Laat elkeen vir homself pitabroodj­ies met ’n snoek-entamatiev­ulsel maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa