Weg!

Vispakkies met borrie en kokosneut

- Vir 6 Voorbereit­yd 10 minute Gaarmaakty­d 15 minute

Gebruik gerasperde vars klapper vir dié heerlike visgereg. Jy kan kokosneut vars rasper en vries en dit dan net ontdooi wanneer jy dit nodig het. Die vars borriewort­el kan ook met vars gemmerwort­el vervang word.

Jy benodig

• 100 g vars kokosneut,

fyngeraspe­r • sap en gerasperde skil van 1 lemmetjie • 4 eetlepels vars koljanderb­lare, gekap • 1 rooi brandrissi­e, fyngekap • 2 knoffelhui­sies, gekap • 1 stuk vars borrie van 10 cm, fyngeraspe­r (of gebruik 1 teelepel borriepoei­er) • 6 koningklip­filette van 150 g elk • sout na smaak • swartpeper na smaak

Só maak jy

1 Kry die kole gereed vir braai (of voorverhit die oond tot 180 ºC).

2 Meng die gerasperde kokosneut, lemmetjies­ap en -skil, koljander, rissie, knoffel en borrie saam in ’n mengbak.

3 Pak die visfilette elkeen op ’n stuk foelie wat groot genoeg is sodat jy die stuk vis daarin kan toedraai. Geur die filette na smaak met sout en peper en skep dan gelyke hoeveelhed­e van die kokosneutm­engsel bo-op elkeen. Sorg dat die kokosneut dig gepak is en draai elke filet in >

sy foelie toe.

4 Braai die vispakkies oor matige kole op ’n rooster (of sit dit op ’n bakplaat in die oond en bak vir ongeveer 12 minute) totdat die vis gaar gestoom is.

5 Sit dit dadelik voor met rys en ’n lekker groenslaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa