Weg!

Klymit Inertia X-frame-opblaasmat­rassie

-

Dis een van die ligste kampmatras­sies beskikbaar. Dit weeg soveel soos ’n halwe blok botter en is so groot soos ’n Cokeblikki­e as jy dit oprol. Dit vra net ’n paar asemteue om hom op te blaas en die ontwerp bied goeie ondersteun­ing vir jou kop, skouers en heupe, met uitgesnyde dele op ander plekke om gewig te spaar. Dié oop stukke gee jou slaapsak die kans om onder jou op te pof, pleks van platgedruk te word – wat beteken hy kan jou warm hou.

Dit lyk dalk ’n bietjie vreemd, maar is heel gemaklik. Ondanks die weggesnyde dele raak geen deel van jou lyf aan die grond nie en jy kry ’n handpompie by as jy die matras nog fermer wil hê. Gewig wanneer ingepak 260 g Afmetings 198 cm (l) x 46 cm (b)

R1 300 by capeunionm­art.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa