Weg!

First Ascent Amplify mplify 900-slaapsak

-

Hierdie is First Ascent se ligste en kleinste slaapsak, wat net minder as ’n kilogram weeg. Sy gemaksgrad­ering is 7 ºC en hy is dus nie die slaapsak vir wanneer jy na Everest se basiskamp toe stap nie, maar dis ideaal vir stapavontu­re in die somer.

As jy die sak in kouer toestande wil gebruik, koop ’n Thermolite-verhitting­svoering teen R750, ook van First Ascent. Dié voering voeg nog 15 ºC by die slaapsak se temperatuu­rgradering sodat dit tot goed onder die vriespunt sal werk.

Die Amplify-tegnologie het elastiese stiksels rondom die heupe en bene, wat sorg vir minder lugholtes en baie beter isolasie. Gewig wanneer ingepak 975 g

R1 500 by firstascen­t.co.za >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa