Weg!

Intext Durabeamko­ningingroo­tte matras

-

Die nuutste Intex-lugbeddens is versterk aan die binnekant met duisende sterk, ligte vesels wat by jou lyf se vorm aanpas en beter fermheid en ondersteun­ing bied.

Hierdie tegnologie maak dit ook moontlik om op die rand van die bed te sit, sonder om te voel asof jy op ’n springkast­eel sit wat ineenstort.

Die basismater­iaal is dik en voel duursaam. Maar pasop vir dorings en ander skerp goed – soos met enige lugmatras. Om dit met ’n handpomp op te pomp neem minstens tien minute en dis harde werk; ons beveel aan dat jy die 12 V-Intex-pomp (R250) of ’n kompressor gebruik. Gewig wanneer ingepak 4 kg Maksimum-dravermoë 272 kg Afmetings 203 cm (l) x 152 cm (b) x 25 cm (h)

R450 by capeunionm­art.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa