Weg!

Meerkat Gravity-stoel

-

Pluk dié outjie uit by Mahai en almal in die kampterrei­n sal groen wees van jaloesie. Die sitplek hang aan rek en dis belaglik gemaklik. Maar dis net die begin: Die Meerkat se geheime wapen is hoe dit kan terugslaan tot in ’n agteroorpo­sisie. Daar’s hy nou waar hy wil wees!

Dit vou plat op, maar is steeds bonkig om te vervoer. As jy egter ’n sleepwa het, is daar nie ’n beter kampstoel vir jou agterent nie. En dit werk net so goed langs die swembad as in die kampterrei­n... Gewig wanneer ingepak 8,7 kg Maksimum-dravermoë 150 kg

R1 020 by takealot.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa