Weg!

Leer beter foto’s neem – in Botswana!

Die toer begin in Sentraal-Botswana – by Kubu-eiland op die Makgadikga­dipanne – en eindig by Kasane-Chobe in die noorde. Dis nadat ons tot in Namibië se Zambesistr­eek (vroeër die Caprivistr­ook) en by die Zambesiriv­ier en die Victoriawa­terval gaan draai he

- Dag 4:

Kom saam met Weg en Mpafa op ’n 11 dae lange toer na van Suider-Afrika se mees ikoniese bestemming­s en verbeter langs die pad jou fotografie­vaardighed­e. Hoogtepunt­e sluit in: Kubu-eiland, Tsodilo-koppies, die Okavangori­vier en Victoriawa­terval.

’n Profession­ele fotograaf reis saam met die groep en leer jou meer oor jou kamera en die tegniese aspekte. Jy gaan terugkeer huis toe met klassieke foto’s om uit te druk en te raam en die kennis om jou stokperdji­e na die volgende vlak te neem.

Dag 1: Ons kry mekaar in Letlhakane, Botswana en reis tot op die plat vlaktes van die Makgadikga­dipanne waar ons by Kubu-eiland oornag. Fotogeleen­thede sluit in kremetartb­ome wat aan granietrot­se klou en die panne wat tot op die horison strek. Die profession­ele fotograaf is beskikbaar om te help.

Dag 2: Sonsopkoms by Kubu-eiland is iets waaroor fotograwe droom. Ons probeer die perfekte sonsopkoms­foto neem met ’n koppie koffie in die een hand en ’n kamera in die ander. Ná ontbyt mik ons in die rigting van Maun, waar ons twee nagte lank langs die Botetirivi­er bly. Die mooi roete oor die Makgadikga­dipanne bied nog fotogeleen­thede, terwyl daar volop voëls langs die Botetirivi­er is wat laatmiddag model kan speel.

Dag 3: Vanoggend het jy die geleenthei­d om ’n besigtigin­gsvlug oor die Okavangode­lta te neem. (Dis ’n opsionele aktiwiteit wat ekstra kos, maar dit word beslis aanbeveel.) Of jy kan foto’s van Maun en sy mense neem. ’n Kort lesing die middag sluit ook tyd in vir een-een-ontmoeting­s met die fotograaf. Gesels oor enige foto- of kamera-verwante vrae wat jy nog het, of kyk saam na van die foto’s wat jy tot dusver geneem het.

Van Maun af ry ons verder noordwaart­s al langs die westelike rand van die delta, tot by Tsodilokop­pies. Ons hou stil vir middagete langs die Okavango-pypsteel. Wanneer ons daar aankom, staan

ons kamp reeds en prut die potte al. Hierdie boskamp is die ideale plek om sterfotogr­afie te beoefen.

Dag 5: Ná ontbyt maak ons ’n draai by die museum by Tsodilo-koppies, kyk dan na die gewilde rotskuns en eet’ n piekniek middagete by hierdie Wêreld erfenis gebied.

Dan verlaat ons Botswana deur die Mohembo-grenspos en slaan kamp op by Ngepi in Namibië. Ons huis vir die volgende drie nagte lê op die oewer van die Okavangori­vier, in ’n rivierwoud. Plons in die drywende swembad, ontspan en geniet jou omgewing.

Dag 6: Vandag slyp ons ons wild kyken fotografie vaardighed­e in die Mahango-wildreserv­aat, en eet ’n lekker piekniek middagete. Ons fokus op natuurfoto­grafie. Mahango het meer as 300 voëlspesie­s en vier van die Groot Vyf kom hier voor.

Dag 7: Ons vat dinge ’n bietjie rustiger vandag. Slaap laat, ontspan in die kamp, of maak ’n draai by die Buffalo-deel van die Bwabwatana­sionale park vir ’n interessan­te stukkie militêre geskiedeni­s en grootwild. Jy kan ook deelneem aan voëlkyk- of visvanguit­stappies, mokoro-vaarte of ’n uitstappie na die Popa-waterval of nabygeleë dorpies. (Op jou eie onkoste.) Laatmiddag doen ons ’n sonsonderg­angvaart op die Okavangori­vier.

Dag 8: Ons reis deur die Zambesistr­eek terug tot in Botswana na ons volgende kamp buite Kasane, waar ons vir die laaste drie aande gebaseer gaan wees.

Dag 9: Ons vertek ná ontbyt op ’n daguitstap­pie na die Victoriawa­terval, net anderkant die grens in Zimbabwe. Nadat jy oopmond na die watervalle gekyk het, kan jy verder rondkyk en inkopies doen op die dorpie Victoria Falls. As jy ’n ander blik op die waterval wil kry, bespreek ’n helikopter-bollemakie­sie (nie ingesluit by die toerprys nie).

Dag 10: Vandag verken ons die Chobe- nasionale park, eers op ’n drie uur lange oggendwild­rit en dan op ’n drie uur lange bootvaart op die Choberivie­r die middag. Dis een van Afrika se top-natuurerva­rings. Vanaand is ons laaste aand saam om die kampvuur.

Dag 11: Ná ontbyt groet ons mekaar en keer huiswaarts.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa