Van bos tot kus

Kom saam met Weg en B­he­ja­ne en ver­ken die palm­stran­de, hel­der wa­ter en man­gliet­wou­de van Mo­sam­biek.

Weg! - - Toere -

Ons be­gin in die Krugerwildtuin en reis oos na Mo­sam­biek, oor die mag­ti­ge Lim­po­po en die kus­vloed­vlak­te. Die roe­te neem ons oos­waarts na die dor­pie St. Jor­ge de Lim­po­po en in die rig­ting van Ma­chai­la. Op pad ge­niet ons ’n lig­te mid­dag­e­te en slaan kamp op op die oe­wer van die C­he­fu­ri­vier vir die nag.

Va­nog­gend is ons vroeg op pad en reis na Ma­chai­la. Ons vat ’n twee­spoor­pad en ry steeds oos­waarts na die dorp Ma­bo­te, waar ons noord draai in die rig­ting van Vi­lan­ku­los.

Soos ons reis, ver­an­der die gras­vlak­tes and wou­de in ’n smal strand­strook be­saai met palm­bo­me. Dié roe­te neem ons na ’n vis­sers­dor­pie reg oor­kant die die noor­de­li­ke punt van die Ba­za­ru­to-skier­ei­land en In­has­soro – ons gaan hier tuis by die Estre­la de Ma­na­nis­se- pri­va­te lod­ge. Hier gaan ons vir die vol­gen­de vier dae oor­staan. Van die lod­ge af kyk ’n mens uit oor die Ba­za­ru­to­baai – en jy het mak­li­ke toe­gang tot die stran­de. Van Estre­la de Ma­na­nis­se af kan ons dié tro­pie­se pa­ra­dys op eie stoom ver­ken.

Ont­span op die on­ge­rep­te stran­de, ge­niet die weel­de van jou b­ly­plek, en boot­vaar­te na ei­lan­de rond­om die skier­ei­land kan ge­re­ël word. Dis vei­lig om hier te snor­kel­duik en jy kan selfs die see­le­we waar­deer deur net in die vlak wa­ter te plas. En of jy nou kies om die man­gliet­wou­de te ver­ken, in­ko­pies doen in Vi­lan­ku­los of net by John­son’s Be­ach Bar aan men­gel­dran­kies teug... ont­span gaan jy ont­span.

Ons roe­te huis toe loop via Xai-Xai en ons kamp vir t­wee aan­de by die Sunset Be­ach Lod­ge.

Daar­na ry ons bin­ne­land toe deur die Lim­po­pooor­grens­park en ons kamp­plek vir die aand kyk uit oor die Mas­sin­gi­r­dam waar vis­ra­ren­de na ons sal roep.

Ons kui­er die laas­te aand rond­om die kamp­vuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.