Weg!

GREENPOINT

- Luke Patterson >

Jy gaan sukkel om in seisoentyd ’n stil strand langs KwaZulu-Natal se Suidkus op te spoor. Wel, Greenpoint is aan die stillerige kant...

Dié strook sand lê rofweg tussen die dorpie Clansthal, met net ’n hand vol huise, en die kusdorp Scottburgh.

Kom span hier uit en vermy Scottburgh en Umkomaas se skares. As die kinders meer aksie soek, vat hulle vir die dag Crocworld ( crocworld. co.za) toe of huur ’n stand-up paddle (bel GoSUP by

071 705 8515) en roei af met die Mahlongwar­ivier wat net noord van Scottburgh uitmond (dié foto). Waar? Ry van Scottburgh af noord op die R102 en draai af op Greenpoint­rylaan; ná sowat 600 m is ’n klein parkeerter­rein links. Oorslaap Hier’s strandhuis­e te huur op Clansthal; kyk op lekkerslaa­p.co.za of airbnb.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa