Weg!

ROCHERPANN­ATUURRESER­VAAT

- – Esma Marnewick

Dié strand is nie die soort plek waar jou kinders in die vlak watertjies baai en krappe in rotspoele soek nie. Dis ’n wildwoeste strand met trekstrome en meeue wat eensaam krys.

Jy deel die strand met ’n paar hengelaars – dis meestal plaaslike mense wat elf, leervis en kabeljou uittrek. Hier is ook ’n yslike kolonie duikers, wat altyd ’n ordentlike afstand handhaaf.

Dis mooi om te sien hoe die voëls soos ’n eskader vegvliegtu­ie opstyg en oor die branders vlieg elke keer wanneer jy te na aan hulle kom – dit sorg vir ure se vermaak vir die kinders. Waar? Dié natuurrese­rvaat is sowat 25 km noord van Velddrif op die R27. Slaap oor Hier is agt netjiese selfsorghu­ise met slaapplek vir 4 of 6 mense, vanaf R850 p.n. vir 2 mense. Koste Dagbesoeke­rs betaal ’n bewaringst­arief van R50 p.p. en R30 per kind. 079 203 1092; capenature.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa