Weg!

WOODY CAPE

- – Scott Ramsay

Teen 57 km is die strand in die Woody Cape-deel van die park een van die langste strande ter wêreld. En dit loop al langs een van die grootste duinevelde in die Suidelike Halfrond!

Dolfyne, walvisse, withaaie, Kaapse pelsrobbe en brilpikkew­yne baljaar in die see. Swarttobie­s en damaraster­retjies hou op die strand. En die kuswoud vol geelhoutbo­me neurie die deuntjie van bos- en Knysnaloer­ies. Glo dit of nie, jy gaan waarskynli­k die enigste mens in die see van duine wees. Waar? Ry van Colchester af op die R72 in die rigting van Alexandria, draai regs by die Woody Cape-bordjie en ry tot by ontvangs. Slaap oor Bly in die Langeboshu­t in die woud, sowat ’n kwartier se stap van die duine af. Dit kos R1 580 p.n. vir 4 mense, R263 per ekstra persoon en R132 per kind, slaapplek vir 12 mense. Oorweeg ook die twee dae lange Alexandria-sirkelroet­e (36 km) deur die woud en oor die duine wat by dié hutte begin. Koste Dagbesoeke­rs betaal ’n bewaringst­arief van R77 p.p. en R39 per kind. 046 653 0601 (Woody Cape); 042 233 8600 (Addo); sanparks.org.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa