Weg!

MKAMBATI-RESERVAAT

- – Scott Ramsay

Hierdie reservaat is doer bo in die noorde van die Wildekus – dis wyd se ry. Trouens, dis so wyd, hier kom nie sommer ’n dagbesoeke­r nie.

Hier kry jy riviere, watervalle, klowe, grasvelde, woude en afgeleë baaitjies. Dis ook een van die min plekke op aarde waar ’n waterval direk in die see tuimel (foto links).

Te voet is die beste manier om die reservaat te verken. Pak dus versnaperi­nge in ’n dagrugsak en stap tot waar jy dink dit die mooiste is. Waar? Soos die kraai vlieg, is die reservaat sowat 25 km suid van Port Edward, en padlangs 185 km. Slaap oor Hier is die Stone Cottages, twee huisies met slaapplek vir 6 mense elk en ’n lodge met slaapplek vir 10 mense, vanaf R529 p.n. vir 2 mense. Of bly in die agtermekaa­r Mtentu Lodge langs die Mtenturivi­er, die noordelike grens van die reservaat. Kamp kos R100 p.p. en ’n houthuis met slaapplek vir 4 mense R700 p.n. Etes word verskaf. Koste Dagbesoeke­rs betaal ’n bewaringst­arief van R22 p.p. (R11 per kind). Mkambati 087 285 7752; 082 452 5078; visiteaste­rncape.co.za; Mtentu 083 805 3356; mtentulodg­e.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa