Weg!

Ontdek ’n botaniese paradys

-

Grasveld, rivierwoud, dramatiese sandsteenh­ange, klowe... dís KwaZulu-Natal se mees suidelike reservaat. Hier is meer as 1 500 plantspesi­es – waarvan baie endemies is – en 259 voëlspesie­s, wat die bedreigde Natallyste­r insluit.

Die lekkerste is die stilte en afsonderin­g by hierdie byna weggesteek­te plek. Met my besoek een middag is daar geen ander voertuie by die Beacon Hill-parkeerter­rein nie. (Die park het twee ingange; die ander een is by Old Pont Road.)

By ontvangs is ’n besoekerse­ntrum met meer inligting oor die reservaat, wat 3 257 ha groot is. Hier kan jy meer leer oor die geologie en die verskeiden­heid soogdiere – dit wissel van samangoaap tot blouduiker, groototter en tierboskat.

Die park het geen oornaggeri­ewe nie en maak slegs voorsienin­g vir dagbesoeke­rs – met plek vir braai en piekniek hou. Hier is sewe staproetes wat wissel van 500 m tot byna 10 km.

Kort voor sononder stap ek die Mfene-roete (500 m) op die grasveldpl­ato.

Ek sien steeds geen ander mense nie. Die lug is vars. Voëls groet die dag. Die goue uur vir foto’s neem breek aan. Volgende keer moet ek langer kom stap... Koste R20 p.p. Waar? Langs Izingolwen­i of Old Pont Road, 6 km wes van Port Edward Oop 7 vm.-5 nm. Kontak 039 311 2383;

kznwildlif­e.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa