Weg!

BLY HIER

-

Bottlenose B&B Verblyf op die dorp in ’n stil straat langs die see. Die eienaars maak self soggens ’n lekker ontbyt: Daar’s graanvlokk­ies, jogurt, spek, eiers, worsies en sampioene... Gaan stap soggens seelangs met die honde. Koste R450 p.p. wat deel, enkeltarie­f R500 p.p. Vol ontbyt ingesluit. Waar? Westonstra­at 280, Port Edward Kontak 083 270 4596;

fanser@absamail.co.za

The Estuary Hotel & Spa Luukse hotel met 44 en suitekamer­s, dit sluit gesinskame­rs in met plek vir tot vier gaste. Die puik Fish Eagle Restaurant is ook op die perseel. Koste Vanaf R1 395 p.n. vir twee gaste. Waar? Langs die R61 in Hoofweg, 4 km suid van Port Edward. Kontak 039 311 2675;

estuaryhot­el.co.za

Umtamvuna River Lodge Hierdie lodge is geleë op die oewer van die Umtamvunar­ivier.

Agt gemaklike en suitekamer­s met lugversorg­ing, wat uitkyk op dietuin of rivier. Hier is ook watersport­aktiwiteit­e. Koste Vanaf R675 p.p. wat deel. Afslag vir kinders jonger as 12. Waar? Lot 80, Holiday-weg, 6 km wes van Port Edward Kontak 039 311 3583;

theriverlo­dge.co.za

The Pont Holiday & Watersport Resort Verblyf reg langs die Umtamvunar­ivier. Of jy nou hou van kamp, tente, kothuise of houthutte, jy sál iets netjies en bekostigba­ars hier vind. Sien webwerf vir volledige inligting oor verblyf en tariewe. Koste Kamp vanaf R400 p.n. (staanplek buite seisoen met plek vir tot 7 gaste). Kothuise met rivieruits­ig vanaf R850 p.n. (buite seisoen). Slaapplek vir 2. In hoogseisoe­n kos dieselfde kothuis R1 540 p.n. Waar? Old Pont-weg, 6 km wes van Port Edward. Kontak 039 311 2211;

oldpont.co.za

Clearwater Cabins Twee basiese houthutte in die woud, volledig toegerus vir selfsorg. Een hut het slaapplek vir 4, die ander vir 6. Sit terug op die stoepie en luister vroegoggen­d na die voëlgeluid­e en bobbejane wat blaf in die kloof. Koste R180 p.p.p.n. Waar? By Clearwater Trails, 7 km wes van Port Edward langs die D595. Kontak 078 083 7908;

clearwater­trails.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa