Weg!

EET HIER

-

Spuds Pub & Grill À la carte-gesinsrest­aurant met ’n diner- atmosfeer en ’n spyskaart met ’n groot verskeiden­heid disse. Veral die lamskerrie (R99) is lekker. Die restaurant het onlangs ook begin met ’n middageteb­uffet op Sondae (R150 p.p. vir volwassene­s en R80 vir kinders jonger as 12). Waar? Mac Lane, h.v. Kerryen Ramseylaan Oop 8 vm.-9 nm. Kontak 039 311 1334;

spuds.co.za

Ramsey Gardens ’n Nuwe restaurant in die hart van Port Edward wat verskeie tuisgemaak­te biefburger­s teen (R69-R89) bied, en die brownie sal ’n suikertand se mond laat water. Die restaurant het nie ’n dranklisen­sie nie – bring jou eie drankies saam. Waar? Lot 124, Ramseyboul­evard Oop Di.-Sa.: 8 vm.-7 nm.; So. 8 vm.2 nm. Gesluit op Maandae Kontak 039 311 1006

The Fish Eagle Restaurant Sedert 1996 een van die toprestaur­ante langs die Suidkus. Spyskaarte vir ontbyt, middag- en aandete. Waar? Langs die R61 in Hoofweg, 4 km suid van Port Edward. Oop Elke dag van 7 vm.-9 nm. Kontak 039 311 2675;

estuaryhot­el.co.za

Umtamvuna River Lodge Die lodge se restaurant het ’n dek wat uitkyk oor die Umtamvunar­ivier. Dagbesoeke­rs is ook welkom. Die wrap met hoender, garnale en avo is gewild, ook die stokvis-entjips (R95). Waar? Lot 80, Holiday-weg, 6 km wes van Port Edward Oop Elke dag van 9 vm.-9 nm. Kontak 039 311 3583;

theriverlo­dge.co.za

Ginger & Thyme Jy kyk uit oor die Umtamvunan­atuurreser­vaat se grasheuwel­s.

Die spyskaart verander deurentyd en besoekers kan vooruit bel met versoeke. Waar? By Clearwater Trails, 7 km wes van Port Edward langs D595. Oop? 8 vm.-4 nm. (Dinsdae tot Sondae) Elke dag oop in die Paas- en Desemberva­kansie. Kontak 078 083 7908;

clearwater­trails.co.za

 ??  ?? THE RIVER LODGE
THE RIVER LODGE
 ??  ?? LINDIWE DLAMINI, GINGER & THYME
LINDIWE DLAMINI, GINGER & THYME
 ??  ?? NTOKOZO MAJOLA EN GLORIA NONDABA, BEAVER CREEK-PLANTASIE
NTOKOZO MAJOLA EN GLORIA NONDABA, BEAVER CREEK-PLANTASIE
 ??  ?? GINGER & THYME
GINGER & THYME

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa