Weg!

GEE JOU KINDERS VLERKE

-

Ek was van kleins af gaande oor voëls, en natuurlik die enigste een in my skool met dié liefde. Ek’s baie daaroor geterg, maar die koeël was deur die kerk.

Voëlskyk is ’n puik stokperdji­e vir kinders wat daarvan hou om buite te wees. Trouens, voëlskyk is lekker vir die hele gesin. ’n Mens leer iets, dit kry die kinders buite en aan die beweeg, dis ’n gesonde vorm van ontsnappin­g en dit leer jou kinders om die planeet en al die kleiner dingetjies daarop te respekteer. En jy kom op mooi plekke.

Maar kom ons wees eerlik: Voëls is klein en vinnig en soms moeilik om raak te sien. En om lank deur ’n verkyker te kyk is ’n uitdaging vir jonger kinders. Dit maak egter nie saak nie – ’n voëlkykuit­stappie lei tot allerlei ander avonture: Julle gaan klouter, kruip, klim, gly, spring en val. Julle gaan ’n niksvermoe­dende fisant, tarentaal of hoephoep bekruip. Julle gaan saans met ’n flits soek na oë wat geheimsinn­ig gloei. Julle gaan deur die klein vensters van ’n voëlskuili­ng loer en ’n smal paadjie deur die bos volg om te sien waarheen dit lei…

My arme ouers het later bes gegee en ek kon elke vakansiebe­stemming kies. Voordat ek 18 geword het, het ons reg oor die land gereis op soek na voëls. Ons het ure saam deurgebrin­g, aan die verken, gesels en lag.

Ja, om voëls te soek laat jou ontsnap van die alledaagse geharwar en gee kinders ’n sin van ware vryheid. Hier is wenke hoe om voëlskyk lékker te maak.

1 Begin klein. Laat jou kinders die voëls in julle tuin dophou en leer ken. Baie dorpe het ’n dam, wateraanle­g, ’n vleiland of ’n ding waar voëls uithang. Vat hulle soontoe met ’n piekniekma­ndjie en ’n voëlboek.

Herhaal, herhaal, herhaal. En wees geduldig. Voëlskyk moet geleidelik vir ’n kind lekker word; dit moenie afgedwing word nie. Dis onredelik om van jong kinders te verwag om ure aaneen stil te sit óf stil te bly.

3 Vier mylpale, soos wanneer jou kind haar 100ste spesie sien.

4 Ontdek saam. Maak ’n spesiale lysie van voëls wat julle saam te siene kry. Byvoorbeel­d: voëls wat ons in die tuin gesien het, of voëlneste wat ons gekry het. Die sleutelwoo­rd hier is “ons”.

5 Moedig onafhankli­kheid aan. As jy weet ’n plek is veilig, laat jou kind sonder jou op ’n voëlklubui­tstappie gaan of alleen ’n natuurstap­pie doen. Laat hom op jou skoot “bestuur” op ’n stil plaaspad. Kry vir jou kinders hulle eie kopliggies.

Kies opwindende plekke vir julle gesinsvaka­nsies. Minder toeriste, meer voëls, beter herinnerin­ge.

Oorweeg gerus die Rietvleina­tuurreserv­aat buite Pretoria, die Marievale-voëlskuili­ng in Johannesbu­rg en die Weskusnasi­onale park.

7 Raak vuil. Spring in, waad deur die water, klim en klouter, en grawe, indien nodig.

8 Speel speletjies. Hoe sou jy daai voël se roepgeluid in woorde skryf? Kan jy raai aan watter voël ek nou dink? Watter bynaam kan ons vir dié voël uitdink?

9 Vergeet van die horlosie. Gaan soek in die aand voëls. Staan om 2 vm. op. Bank skool en gaan soek ’n spesiale voël op ’n Woensdag. En die belangriks­te: Geniet dit!

– Faansie Peacock

 ??  ?? WATTER EEN IS DAAI, PAPPA? Faansie en sy seuntjie Owen kyk voëls in Langebaan.
WATTER EEN IS DAAI, PAPPA? Faansie en sy seuntjie Owen kyk voëls in Langebaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa