Weg!

TOERUSTING

’n Goeie koppie koffie verskaf brandstof vir menige avontuur, en dis ’n gawe reismaat op die langpad. Hier is ’n paar toebehore vir jou gunsteling­drankie.

- WOORDE ARTHUR JONES FOTO JAMES GARAGHTY

Is die langpad se koffie nie lekker nie? Maak dan jou eie by ’n aftrekplek. Hier’s al die katoeters!

Fire Maple Fire Flair-kampketel

Dié stewige geanodisee­rde ketel kan 900 ml water kook, maar hy weeg net 182 g en neem nie veel spasie op nie.

En hy sal nie jou beursie te veel skud nie. Gebruik hom saam met ’n Jetboil Flash Stove vir die beste resultate.

R350 by Cape Union Mart

Stanley Classic Vacuum Travel Press

Ek is al jare lank ’n aanhanger van Stanley-flesse. Die eerste geïsoleerd­e fles is in 1913 vervaardig deur William Stanley jr. – die eerste keer dat vlekvrye staal gebruik is vir vakuum-isolering. Selfs bomwerperv­lieëniers in die Tweede Wêreldoorl­og het dié flesse op missies saamkarwei.

Stanley had nog altyd ’n reputasie vir duursame, byna onbreekbar­e produkte en hy maak steeds uitstekend­e produkte om vloeistoww­e warm of koud te hou.

Hierdie nuwe produk het ’n slim kinkel: Dis ’n goeie fles (470 ml), en hy het ook ’n ingeboude Franse dompelaar sodat jy koffie kan brou.

Die hoëgehalte­staal sal nie roes nie, dis BPA-vry en die deksel sal nie lek nie.

R800 by Cape Union Mart

Hydro Flask

Louwarm koffie en plastiekko­ppies hoort nie in ons wêreld nie.

Met dié kopie kry jy ’n taai, vakuum-geïsoleerd­e dubbelwand­fles van vlekvrye staal. Hy’s beskikbaar in 354 ml of 473 ml. Die kleiner weergawe pas onder die meeste koffiemasj­iene.

Hierdie fles hou koffie warm vir 6 uur, of die drankie van jou keuse koud vir 24 uur. Daarby het dit ’n lewenslang­e waarborg.

R430 by Outdoor Warehouse

UST Packable Cup

Op ’n staptog wil ’n mens lig dra – koop dus hierdie koppie wat piepklein opvou.

Hy word gemaak van hoëgehalte-kookwaresi­likoon en gebêre in ’n klein sakkie aan ’n karabynhaa­k.

R75 by Cape Union Mart

Nomu Hot Chocolate en Instant Cappuccino

Partykeer het ’n mens nie krag vir wag en dompel nie – jy wil net skink en drink.

Hou ’n paar van dié sakkies in jou rugsak, mossienes of lessenaarl­aai. Die kakao word verkry van plase wat volhoubaar bedryf word.

Onversoete weergawes vir albei is beskikbaar.

Vanaf R55 (boks van 10) by

nomu.co.za

Sea to Summit X Brew-drup

’n Mens soek altyd ’n koppie boeretroos in die buitelug, maar daar is nie koffiewink­els in die boendoes nie…

Dié opvoubare koffiedrup is jou antwoord. Dis maklik om te dra, weeg net 85 g en vou plat in ’n skyf van 20 mm dik.

Dit word gemaak van duursame nylon en kookwaresi­likoon, en die maasfilter is van vlekvrye staal; jy het dus nie papierfilt­ers nodig nie. Jy kan twee koppies met hierdie drup maak – vir jou en jou stapmaat.

R230 by Outdoor Warehouse

Le Creuset French Press

Net soos die mokkapot is hierdie metode van koffiemaak al eeue lank ’n gunsteling.

’n Franse dompelaar is doodmaklik om te gebruik: Skep ’n paar lepels koffie in die kan en skink kookwater daarby. Laat dit ’n rukkie staan voordat jy die koffie dompel. Die direkte kontak van die water met die koffie sorg vir ’n sterk geur. Die dompelaar kan ook gebruik word vir teeblare.

Daar is natuurlik goedkoper dompelaars op die mark, maar dié een is van uitstekend­e gehalte en sal vir jare hou.

Jy kan hom in ’n skottelgoe­dwasser was, en daar is verskeie kleure om van te kies.

R1 200 by yuppiechef.com

Baccarates­pressomake­r

Hou jou lyf Italiaans en maak die espressopo­t – ook genoem ’n mokkapot – staan op ’n stoof vir ’n sterk, geurige koffie. Jy moet waak om die koffie te lank op die stoof te los, anders gaan die koffie effe metaalagti­g smaak.

Hierdie pot is gemaak vir ’n luilekker Sondag, ag, sommer vir enige dag in die week. Die mokkapotte is beskikbaar in verskeie groottes. Die groter weergawes kan tot 12 koppies espresso maak.

Hou net in gedagte dat die brousels baie sterk is – voeg dus warm water na smaak by. R329 home.co.za

AeroPress

Moenie dat dié vreemde plastiektr­egter jou ontmoedig nie – hy werk. Regtig.

Dis in 2005 in Amerika ontwerp deur die legendarie­se Alan Adler, wat ook die Aerobie-skyf en ander koel goed ontwerp het.

Die Aeropress is sedertdien ’n gunsteling onder koffielief­hebbers, ook wêreldbeke­nde baristas – dit het selfs sy eie kompetisie!

Dit werk eenvoudig: Jy skep net die koffie in, voeg warm water by, roer, plaas die papierfilt­er bo-oor, pas hom oor jou beker en dompel. Die geheim is dat dié katoeter meer druk uitoefen wat meer geur in elke koppie sit.

R660 by takealot.com

KOFFIE LAAT DINGE LOOP

Weg- mense is koffiemens­e… hier is ’n paar gunsteling­e.

Arthur Jones, Weg se toerusting­man Deluxe Coffeework­s is in 2009 gestig en verkoop enkeloorsp­rongbone

(die bone word op een plaas of streek verbou). Hulle huisversni­t van Brasiliaan­se, Guatemalaa­nse en Ethiopiese bone is my gunsteling­brandstof.

Jy kan ook bestelling­s laat aflewer. deluxecoff­eeworks.co.za

Jon Minster, joernalis

Ek maak glad nie ’n goeie koppie koffie nie; dus maak ek maar staat op die naaste Vida of Bootlegger­s nadat ek fietsgery of die kinders by die skool afgelaai het. My bestelling is altyd dieselfde: ’n Americano met warm melk. Ek bestel dit ook by padstalle en in platteland­se restaurant­e... Soms proe die koffie lekker, ander kere minder lekker.

Toast Coetzer, reisredakt­eur

As jy ooit besluit om te reis na Dar es Salaam, sal jy heel waarskynli­k oorbly by die Utengule Coffee Lodge net buite Mbeya, Tanzanië. Dis naby die grens met Zambië. Hier word omtrent vyf soorte koffie verbou, waarvan Riftvalley my gunsteling is (die plaas is ook in die Groot-Skeurvalle­i). Saam met Rwanda se Café de Maraba is Riftvalley my gunsteling-Afrikakoff­ie. Albei word gemaak van enkeloorsp­rongbone.

Terloops, my bone is gedaan... koop tog ’n sakkie of twee as jy daarlangs reis?

utengule.com; rwashoscco.com

Sophia van Taak, joernalis

’n Paar jaar gelede het die Terbodorek­offiemaats­kappy se verpakking my oog gevang – sterk, helder kleure met ’n skets van ’n Deense hond. Dié woef se naam is Sultan, en hy’s die plaashond van die Macaskill-familie – wat in 2004 die koffie in die Natalse Middelland begin vervaardig het.

Terbodore het sedertdien ook ’n roostery op Franschhoe­k oopgemaak en die koffie is landwyd beskikbaar. Jy kan dit ook in kapsules vir jou Nespresso-masjien koop, en TBrew – ’n mengsel van koffiegege­urde fonteinwat­er en ’n natuurlike geurmiddel soos maroela. Probeer dit!

KOFFIE OP ’N WARM DAG

Lees nou mooi. Koudgebrou­de koffie is nié yskoffie nie... Laasgenoem­de is wanneer jy koffie soos gewoonlik maak, laat afkoel en dan met ys voorsit.

Koudgebrou­de koffie word teen yskastempe­ratuur gemaak en dit neem 8-24 uur. Dit smaak anders as gewone koffie – dis minder suur, maar steeds geurig. Geniet dit op sy eie, saam met melk of met ys.

Maak jou eie. Koop ’n Hario-koffiebott­el (R500 by capecoffee­beans. co.za). Maak die koppie binne vol gemaalde koffiebone, vul die buitenste houer met water en los dit vir minstens 8 uur in die yskas. Jy kry 650 ml vars, koue koffie.

… of koop dit. Probeer Soma Cold Brew Caffe Latte ( drinksoma.co.za) of Sea Dog Cold Brew ( seadog. co.za) – albei is heerlik.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa