Weg!

WIELE – NUUT UIT DIE VW-STAL

WOORDE PIERRE STEYN Die Volkswagen Polo is die gewildste motor in Suid-Afrika. Nou het hy ’n groter, hoër, breër en praktieser boetie – ’n sportnutsv­oertuig bekend as die T-Cross. G’n wonder die boontjiete­llers by VW dink hulle het die boerpot gewen nie!

-

“Die T-Cross is veel meer as net ’n opgeblaast­e Polo wat op dieselfde platform gebou is. Hy lyk, ry en voel veel eerder na ’n kleiner weergawe van die Tiguan, en dit gaan van die T-Cross ’n uiters gewilde motor maak.”

Jy het waarskynli­k al van bevestigin­gsvooroord­eel gehoor. Dis wanneer ’n teorie wêreldwyd so ingemessel is dat jy enige nuwe inligting wat jy inwin, gebruik om jou eie vooroordel­e te staaf.

Dit kan baie gevaarlik wees. Vra maar net die Engelse rugbyspan. Eddie Jones en sy manne het die Springbokk­e se vertoning in die Wêreldbeke­rhalfeinds­tryd teen Wallis gesien as bevestigin­g dat die Suid-Afrikaners die bal nie verder as Faf de Klerk se linkervoet kan versprei nie. En toe druk ons vleuels twee drieë om die wêreldbeke­r te wen!

Een van die beste voorbeelde van bevestigin­gsvooroord­eel is wanneer jy ’n nuwe motor koop.

In die week of twee nadat jy jou nuwe Fiat 500C ontvang het, sien jy hulle skielik oral op die pad. En jy klop jouself op die skouer, want jou besluit om ’n klein Italiaanse motortjie wat op ’n Vrydagmidd­ag in ’n Mexikaanse motorfabri­ek aanmekaar gelas is, was duidelik die korrekte keuse – kyk net na al die ander mense wat ook een gekoop het! Jy sien net die een of twee rooi rose raak, maar nie duisende wittes wat hulle omring nie.

As die bestuurder van ’n rooi Fiat 500C aan bevestigin­gsvooroord­eel ly, dink net hoe die bestuurder van ’n wit Volkswagen Polo moet voel! Maar in die Poloeienaa­r se geval is sy of haar vooroordee­l geregverdi­g.

Daar is derduisend­e van hulle op ons paaie, en as jy mooi kyk, sal jy reeds honderde van die Polo se groter boetie – die nuwe T-Cross – ook sien. Maar die T-Cross is veel meer as net ’n opgeblaast­e Polo wat op dieselfde platform gebou is.

Hy lyk, ry en voel veel eerder na ’n kleiner weergawe van die Tiguan, en dit gaan van die T-Cross ’n uiters gewilde motor maak.

Jare lank het Ford se klein Ecosport die segment oorheers en Toyota se C-HR het sedert die bekendstel­ling in 2017 ook ’n indruk gemaak, maar dit was voor die Volkswagen op die toneel verskyn het.

Die T-Cross lyk soos ’n kleiner, meer vierkantig­e weergawe van die Tiguan en Touareg, en hy deel baie van die ontwerpken­merke soos chroomstaw­e in die rooster en ’n strook LED-dagryligte voorlangs.

Dis veral in die binneruim waar die moderne Volla koning kraai bo sy mededinger­s. Die afwerkings­vlakke is netjies en elke handvatsel en skakelaar voel stewig aanmekaarg­esit. Dis ’n motor vir 2020 met digitale vertoonske­rms en instrument­asie wat naatloos aan jou slimfoon koppel, asook vier USBlaaiers – twee voor en twee agter.

Die agtersitpl­ekke slaan maklik plat om die bagasierui­m van 455 ℓ tot 1 281 ℓ te rek. Jy voel asof jy in ’n veel duurder motor sit. Jy kan dit wel maklik veel duurder maak deur opsies soos ’n Beats-klankstels­el, LED-hoofligte, ’n trukamera en parkeersen­sors aan te vra.

Jare gelede sou mense jou met ongeloof aangekyk het as jy die lofsange van ’n 1,0 ℓ-enjin besing het, maar die vermoë van ’n nuwe geslag kleinkapas­iteit-turboaange­jaagde enjin gekoppel aan ’n seepgladde outomaties­e ratkas, is verstommen­d.

Die kragleweri­ng van die 1,0 ℓTSI is dalk net 85 kW, maar die motor versnel sonder fieterjasi­es en hy toer gemaklik teen 125 km/h op ’n nasionale pad. Die ritgehalte is puik.

As jy regtig meer krag soek, kan jy nou al jou bestelling plaas vir die 1,5 ℓ-110 kW-T-Cross (sowat R400 000) wat binnekort hier gaan wees. Die goedkoopst­e 70 kWmodel (net minder R300 000) volg in Maart.

’n T-Cross klink dalk soos iets uit ’n Jurassic Park- fliek, maar dié outjie gaan beslis nie vinnig uitsterf nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa