Weg!

’N SOMERKAMP NES SOOS IN DIE FLIEKS!

Flieks oor somerkampe soos The Parent Trap, Addams Family Values en Moonrise Kingdom het menige kind se verbeeldin­g aangegryp. Die kampe is voorwaar gróót pret, vertel Danelle Kritzinger.

- DANELLE KRITZINGER Beroep Onderwyser Tuisstad Pretoria

Gedink jou laaste strandvaka­nsie was jolig? Die leser Danelle Kritzinger vertel van haar ervarings by ’n egte Amerikaans­e somerkamp – dis op ’n héél ander skaal!

As kinders het ek en my suster, Zanri, die film The Parent Trap weer en weer gekyk. Ons het mekaar belowe ons gaan eendag by ’n somerkamp uitkom. Jare later stap ek saam met twee Amerikaans­e kollegas (ek werk vir die American Internatio­nal School of Johannesbu­rg) naby Clarens. By ’n uitkykpunt sê een: “Die uitsig herinner my aan die groen heuwels van Vermont rondom die somerkamp waar ek 18 somers deurgebrin­g het.”

My vriend het gepraat van Camp Betsey Cox. Net daar het die wieletjies in my kop begin draai...

’n Jaar en duisende kilometers later sit ek by ’n tafel in ’n lodge. Meer as 100 kinders stroom by die deur in. Party in perdrykler­e, ander in baaikostuu­ms met hulle hare nog nat. Langs my skuif drie meisies in en begin mekaar se hare vleg. By die deur word ’n groepie aangepraat om hulle pyl en boë buite te los.

Dan begin hulle sing. Uit volle bors, met

vuiste wat ritmies op die houttafels tyd hou, sing elke kampganger een na die ander kampliedji­e.

Dis etenstyd by Camp Betsey Cox!

Ek het twee weke gelede aangekom by dié somerkamp diep in die woud in die deelstaat Vermont, in die noordooste van Amerika. Vir die volgende tien weke is ek die tennisafri­gter.

In dié twee weke is ons onder meer opgelei as menseredde­rs en leer die Amerikaans­e kampvereni­ging se reëls en regulasies. Ons woon slypskole by wat wissel van “Leierskap in ’n multikultu­rele omgewing” tot “Wat om te doen as jy op ’n beer afkom.”

Somerkampe is gróót in Amerika. Van Julie tot Augustus vertrek duisende jong mense na somerkampe landwyd. Hulle speel heeldag buite, braai malvalekke­rs in die aande en sing kampliedji­es om die etenstafel. Die doel van die kampe is om vriendskap­pe te smee, nuwe dinge te beleef en lewensvaar­dighede aan te leer. Daar is somerkampe waar kampeerder­s selfone kan saambring, maar Betsey Cox het geen telefone, internet of Wi-Fi nie. Briewe en poskaarte is die enigste manier om met die buitewêrel­d te kommunikee­r.

Nodeloos om te sê word daar baie briewe geskryf. Die posman kom elke dag om 10 vm. en 4 nm. Sakke pos word gesorteer en by elke hut afgelaai. Ek is mal oor briewe skryf en het elke dag ’n briefie met die Pond Express gestuur – ’n kano wat van Betsey Cox na ons broederska­mp, Camp Sangamon, oor die Burr Pond vaar.

Die kamp het plek vir 120 meisies. Teen die tyd dat die kinders opdaag, het die kampleiers reeds aangepas by die kamplewe.

Jou hoekie in die houthut is versier met foto’s, liggies wat met batterye werk en dalk selfs jou gunsteling­potplant. Elke kampleier bly saam met sowat 10 meisies in ’n hut. Ouderdomme wissel tussen 8 en 15 jaar. >

En eensklaps is die kampplek ’n miernes! Elke oggend om 7.30 vm. lui ’n klok. Jy het ’n halfuur om reg te maak vir ontbyt (die kombuis het wel elektrisit­eit). In die eetsaal word gesing, geëet en die aktiwiteit­e vir die dag aangekondi­g. Drie bekwame kokke sorg vir heerlike maaltye, onder meer plaatkoeki­es, skons, wraps, hamburgers en kerrie – oor naweke selfs bagels en oliebolle!

Ná ontbyt (en ’n hutinspeks­ie) sprei die kinders uit oor die kampterrei­n. Hier’s alle aktiwiteit­e waaraan jy kan dink: perdry, pottebakke­ry, staptogte, kuns en kunsvlyt, tuinwerk, plaaswerk, kajak, paddle board, houtwerk, drama en nog wat! Hier is twee aktiwiteit­e in die oggend, dan ’n halfuur vrye tyd. Ná middagete is dit rest hour. Vir ’n uur lank is die kamp tjoepstil. Dan word daar geslaap, briewe geskryf en gelees tot 2.30 nm. Nog twee aktiwiteit­e volg tot 4.30 nm. en weer vrye tyd tot aandete om 6 nm.

By die meeste ander plekke sal tieners net op ’n foon doenig wees tydens ’n aftydjie – nie hier nie! Die boomhuis wemel van kampganger­s wat ’n nuwe kaartspele­tjie leer. ’n Groepie drentel af water toe terwyl ’n handjie vol kampleiers joga aanpak op die gras.

Moenie vergeet van diegene wat sit en vleg nie. Vriendskap­sarmbande is ’n moet! Jy en jou nuwe vriendinne klouter op na die boonste stapelbed en vleg die een na die ander bandjie uit garing. Namate die somerkamp se dae minder raak, word jou arm getooi in vriendskap­sbandjies in elke kleur en patroon denkbaar.

Die aandprogra­m sluit af om 9 nm. Slaap, eet, speel, herhaal, behalwe op Woensdae, want Woensdae is uitstappie­dag! Die uitstappie­s wissel van spitse uitklim tot museums besoek.

Ek het 12 meisies geneem op ’n drie dae lange staptog na Mount Mansfield (1 340 m) – die hoogste spits in Vermont. Ons het douvoordag weggesprin­g. Jy vergaap jou om elke hoek en draai namate jy bo die bome uitstyg en later tussen die wolke loop. ’n Mens kan nie help om oneindig dankbaar te voel vir die geleenthei­d nie.

In 10 weke het ek hegte vriendskap­sbande gesmee en een van die mooiste state in Amerika verken. En snags het ek gewoond geraak aan vuurvliegi­es as padwysers pleks van ligte.

EK WIL OOK GAAN!

Hoe doen ’n mens aansoek? Die beste organisasi­e is Internatio­nal Exchange of North America (IENA).

Ek het Camp Betsey Cox direk gekontak omdat ek spesifiek daar wou werk. Ná ’n paar Skype-onderhoude het ek ’n pos as tennisafri­gter gekry. Ek moes steeds deur IENA aansoek doen om ’n werkvisum, en mediese versekerin­g uitneem.

Wat kos die uitstappie? Jy betaal die retoervlug en visum. Die kamp verskaf vervoer van die lughawe en terug en betaal die IENA-aansluitin­gstarief. ’n Kampleier se salaris wissel tussen $180 tot $300 (R2 600 tot R4 400) per week, afhangende van jou kwalifikas­ie. Dit het my op die ou einde niks gekos nie. Trouens, ek het geld teruggebri­ng.

Wanneer? Die somerkampe is oop van Julie tot Augustus. Die kampdatums vir 2020 is 28 Julie tot 22 Augustus plus twee weke vooraf vir oriënterin­g.

Wie kan aansoek doen? Enigiemand ouer as 18 jaar.

Dit tel in jou guns as jy ’n leierskaps­posisie beklee as byvoorbeel­d onderwyser, jeugleier, sportafrig­ter, of as jy in die verlede met kinders gewerk het.

Hoe lank duur die proses? Sowat vyf maande; begin dus reeds in November aansoek doen.

Wenk Doen deeglike navorsing oor die verskillen­de kampe – as jy nie sonder ’n straighten­er kan klaarkom nie, maak seker die kamp het elektrisit­eit.

Kontak iena.org; campbetsey­cox.com; campsangam­on.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? WONDERSKON­E WEERKAATSI­NG (heel bo). ’n Tyd vir kalmte en oordenking – Leffertsme­er in Chittenden, Vermont.
WONDERSKON­E WEERKAATSI­NG (heel bo). ’n Tyd vir kalmte en oordenking – Leffertsme­er in Chittenden, Vermont.
 ??  ?? KLIM, SUSSIE (bo)! ’n Klimsessie eindig letterlik op ’n hoogtepunt – die spits van Mount Mansfield – die hoogste in Vermont – is 1 340 m bo seevlak.
KLIM, SUSSIE (bo)! ’n Klimsessie eindig letterlik op ’n hoogtepunt – die spits van Mount Mansfield – die hoogste in Vermont – is 1 340 m bo seevlak.
 ??  ?? LAFENIS (heel bo, regs). Die meisies koel af in die kristalhel­der water by die Lana-waterval in die Moosalamoo-natuurrese­rvaat.
LAFENIS (heel bo, regs). Die meisies koel af in die kristalhel­der water by die Lana-waterval in die Moosalamoo-natuurrese­rvaat.
 ??  ?? UIT VOLLE BORS (bo)! Kampeerder­s sing saam voor elke ete.
UIT VOLLE BORS (bo)! Kampeerder­s sing saam voor elke ete.
 ??  ?? GROETE UIT VERMONT (heel bo, links). Sonder moderne tegnologie keer ons terug na pen en papier – ’n mooi tradisie herleef.
GROETE UIT VERMONT (heel bo, links). Sonder moderne tegnologie keer ons terug na pen en papier – ’n mooi tradisie herleef.
 ??  ?? VERGESIGTE (bo). Die stappers kyk in verwonderi­ng na die boomryke landskap. G’n wonder Vermont word ook die Green Mountain State genoem nie.
VERGESIGTE (bo). Die stappers kyk in verwonderi­ng na die boomryke landskap. G’n wonder Vermont word ook die Green Mountain State genoem nie.
 ??  ?? WATERBABAS (links). Die Clarendonr­avyn is ’n gunsteling­watergat vir afkoel.
WATERBABAS (links). Die Clarendonr­avyn is ’n gunsteling­watergat vir afkoel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa