Weg!

FOTOPORTEF­EULJE

- Gaan na evannaude.com of volg @evannaude op Instagram om nog van sy foto’s te sien. FOTO’S EVAN NAUDÉ SAAMGESTEL DEUR SHELLEY CHRISTIANS

Evan Naudé is ’n ou vriend hier in die Weg- kantoor. Nie net het hy vandeesmaa­nd se rubriek geskryf nie, maar deel ook sy skitterend­e foto’s van die Namib.

Wanneer ’n mens op die bopunt van die Big Daddy-duin by Sossusvlei staan, verstaan jy oombliklik wat die Khoekhoego­wab-woord “Namib” beteken. Dis afgelei van die woord “nama” wat “uitgestrek­te plek” beteken. Dié uitgestrek­theid is verbystere­nd: Die Namib-Naukluft- nasionale park beslaan 49 768 km² duine en woestyn so ver as wat die oog kan sien. Dis die grootste beskermde gebied in Afrika en op drie na die grootste ter wêreld.

Die vryskutrei­sjoernalis Evan Naudé is al vele kere diep in die Namib se duine met ’n 4x4 én te voet. Vandeesmaa­nd is sy eerste portefeulj­e in Weg en hy deel van sy Namib-foto’s.

“Elke keer as ek in die Namib kom, verstom die duine my opnuut,” vertel hy. “In dié see van sand vóél ’n mens die stilte en rustigheid, maar dis terselfder­tyd ’n intimidere­nde en onherbergs­ame omgewing wat ’n mens nietig laat voel.”

Die lang pad boontoe

Die hoë hoek van die foto laat ’n mens voel asof jy die groep stappers uit ’n vliegtuig dophou, maar Evan was eintlik op ’n duin aan die oorkant van dié sanderige rant.

Dié rant lei na die bekende Big Daddy-duin langs Dooievlei in Sossusvlei.

“Die hoek van die foto en die grootte van die mense gee ’n idee van presies hoe enorm hierdie duine is,” sê Evan. Big Daddy se spits is na regs en baie groter as waar Evan gestaan het – dis nou perspektie­f!

Canon 80D; 18-200 mm-lens; sluiterspo­ed 1/1 600ste van ’n sekonde; lensopenin­g f7.1; ISO 200. >

’n Speelgaatj­ie in die woestyn

Gidse wat 4x4-toere in Namibië lei, noem dié groot dale tussen die duine speelgaatj­ies. Jy moet genoeg op die afwaartse kant versnel en momentum opbou om jou tot die bopunt van die volgende duin te neem.

“My maag bewe elke liewe keer as ek die onderkant bereik,” vertel Evan.

HOE? Canon 80D; 18-200 mm-lens; sluiterspo­ed 1/1 000ste van ’n sekonde; lensopenin­g f8; ISO 200. >

Waar die pad ophou

“Die mooiste dele in Namibië kan net met ’n 4x4 bereik word,” sê Evan. “Dis opwindend om hier te bestuur, maar soms vergeet jy om die omgewing in te neem... Dis eers wanneer jy in die truspieël kyk dat jy besef in watter grootsheid jy jou bevind.”

HOE? Nikon D610; 24-85 mm-lens; sluiterspo­ed 1/400ste van ’n sekonde; lensopenin­g f10; ISO 160. >

Met die werwel langs

“Sagte lig en skadu’s laat die duine leef,” sê Evan. “As ’n mens dieselfde landskap op verskillen­de tye van die dag afneem, sal jy elke keer ’n nuwe toneel vaslê. Die donker skadu’s en stofwolke in die duine se voue by Dooievlei het my oog gevang. Dié twee stappers het net op die regte tyd opgedaag vir ’n goeie foto.”

HOE? Canon 80D; 18-200 mm-lens; sluiterspo­ed 1/2 500ste van ’n sekonde; lensopenin­g f7.1; ISO 200. >

Hier speel die duiwel

Dié deel van die Namib – naby Easter Point noord van Lüderitz – word die Duiwel se Werkswinke­l genoem. Die duine is na aan mekaar en vorm ’n doolhof waar ’n voertuig kan wegraak.

“’n Mens moet kophou as jy hier bestuur,” sê Evan. “Maar jy moet ook stilhou om die mooi te waardeer. Ek hou baie van die eenvoudige kombinasie van sand, see en lug op hierdie foto.”

HOE? Nikon D610; 24-85 mmlens; sluiterspo­ed 1/500ste van ’n sekonde; lensopenin­g f13; ISO 125.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa