Weg!

AGTER DIE SKERMS

-

Waar was jy al nóg gewees?

Swaziland, Namibië, Zimbabwe, Mosambiek, Zambië, Italië, Spanje, België, Nederland, Portugal, Frankryk, Duitsland, Hongkong, Singapoer, Thailand en Amerika. Vir nou vat Portugal die koek. Die musiek, die mense, die boekwinkel­s en (natuurlik) die pasteis de nata (vlatertjie­s) het my hart gesteel.

Hoe bekostig jy dit?

Ek spaar! En terwyl ek reis, probeer ek so min as moontlik op blyplek uitgee. Ek slaap meestal in backpacker­s – hulle bied saans gratis aktiwiteit­e aan wat jy nie noodwendig aanlyn sal vind nie, dinge soos staptoere deur die betrokke stad.

’n Lekker plek om te begin is Airbnb se Experience­safdeling. Die app Culture Trip: For Curious Travelers is ook ’n wenner!

Die American Internatio­nal School of Johannesbu­rg waar ek werk, moedig ons aan om kursusse oorsee by te woon. Ek kombineer dit gewoonlik met ’n vakansie.

Hoekom reis jy?

Dit is bevrydend en verrykend. Ek neem die nuwe klanke, reuke, landskappe en smake soos ’n spons in.

Wat versamel jy op jou reise?

Ek soek in elke land ’n eksemplaar van Die klein prinsie deur Antoine de SaintExupé­ry. Ek het een in Afrikaans, Engels, Frans, Duits, Italiaans, Latyns, Spaans, Portugees, Japannees en Nederlands.

Waarheen volgende?

Ek het aansoek gedoen om ’n Learning, Memory, Questionin­g and Feedback-kursus van Dylan William op die dorpie Baar in Switserlan­d by te woon. Ek hoop om daarna te gaan sneeuplank­ry in die Alpe!

Vertel ons van jou tuindwerg...

Sy naam is Joachim en hy reis saam in my handsak, rugsak of broeksak as ek ’n nuwe plek besoek. Ek het die idee van die Franse fliek Amélie gekry waar die tuindwergi­e gebruik word as ’n simbool van ontdekking. Kyk die fliek om dit beter te verstaan!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa