Weg!

Maar waar’s Gansbaai?

-

Ek het onlangs die Klassieke Reisplan oor die Overberg in Weg #182 gelees en was teleurgest­eld dat Gansbaai oorgeslaan is.

Ek kan maklik agt bladsye net oor Gansbaai skryf: Daar is wonderlike natuurskoo­n, strande en grotte in die gebied en dis bekend vir die walvisse en grootwitha­aie.

Gansbaai het baie goeie restaurant­e, die hawe is ’n besoek werd, en daar is geskiedkun­dige en skeepswrak­toere om te doen. Jy kan ook die vuurtoring by Danger Point besoek of jou kinders na die Uilenkraal­smond-oord naby Franskraal neem waar hulle op die Supertube kan speel.

Ek besit eiendom op Gansbaai en is baie trots op alles wat die dorp bied.

ALICIA WHITTING, Mbombela

Ons koop gereeld julle tydskrif omdat die inhoud van so ’n hoë gehalte is. As die eienaars van ’n gastehuis en aktiewe lede van die toerismege­meenskap op Gansbaai was ons teleurgest­eld om te sien dat ons dorp nie eens in die artikel oor die Overberg genoem is nie.

Dit was haas onmoontlik vir julle skrywers om Gansbaai mis te ry aangesien hulle plekke soos Baardskeer­dersbos besoek het. Dalk was daar net te veel te skryf oor Gansbaai en nie genoeg plek in die tydskrif nie?

Wat ’n jammerte!

CARON LEE EN DAVE SAWTELLE, Gansbaai

Dankie dat julle dit onder ons aandag gebring het – julle maak ’n geldige punt. Daar is so baie wonderlike plekke om te besoek, maar ook net soveel blaaie in die tydskrif. Dit is hoekom daar elke maand ’n nuwe Weg op die rakke kan wees. Ons glo ons reisplan sal besoekers inspireer om die hele gebied te verken, en ook dat hulle langer sal bly as wat ons voorstel. Ons hoop om binnekort in Gansbaai ’n draai te maak. – Red.

Die Overberg sê dankie

Ek wil graag die skrywers van die Klassieke Reisplan bedank vir die artikel oor die Overberg. Ons het reeds stapels van die tydskrif gekoop en ek dink die artikel sal help om toeriste na ons gebied te lok.

Dié besoekers sal ook die gebied verder verken, wat tot die voordeel van baie ander Overbergbe­sighede sal strek.

FRIEDA LLOYD, toerismebe­stuurder van die Overberg

munisipali­teit

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa