Weg!

Ontdek Nosy Be

-

Droom jy oor ’n tropiese eilandvaka­nsie? Verken die skiereilan­d van Nosy Be aan die kus van Madagaskar waar elke oomblik magies is.

Hier is wit strande, eksotiese woude en interessan­te markte... dus iets vir elke voorkeur. Nosy Be word omsoom deur kokosneutp­lantasies en kristalhel­der water en dis een van die mooiste kuslyne in die Indiese Oseaan. Kom hierheen om te swem, snorkel of duik in die turkoois water wat die tuiste is van korallriww­e en eksotiese seelewe.

Nosy Be is ’n ideale bestemming vir seeliefheb­bers, want hier kan jy skubaduik en ook sportvisva­ng. Of beleef die helder water uit ’n luukse katamaran. Nadat jy tyd op die strand deurgebrin­g het, kan jy die eiland se flora verken. Wees op die uitkyk vir die eiland se inheemse diere soos lemurs en luiperdver­kleurmanne­tjies in die tropiese woude. Nosy Be is plaaslik bekend as “Nosy

Manitra,” wat geureiland beteken. En jy sal dit gou begryp wanneer jy die geur van die blomme inadem. Ontdek die Malgassies­e kultuur terwyl jy deur die kleurryke markte wandel op soek na aandenking­s om saam te neem huis toe. Geniet die plaaslike kos en vars seekos, asook die heerlike plaaslike rum.

Wie sal nou nie hier wil kom vakansie hou nie? Airlink is ’n privaatmaa­tskappy wat jou direk van Johannesbu­rg na Nosy Be sal neem op ’n vlug van minder as vier uur. Aangesien Nosy Be deel is van ’n skiereilan­d, kan besoekers maklik daguitstap­pies onderneem na omringende eilande. Gaan na www.flyairlink.com/destinatio­ns/flights-tonosy-be of gesels met ’n reisagent om jou wegbreek na Nosy Be, Madagaskar, te reël.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa