Weg!

Verken KZN se binneland

- – Kyra Tarr

Moeg om sandkastel­e te bou op een van die strande in die KwaZulu-Natalse Suidkus? Mik vir die nuwe KwaNzimakw­e-park ’n entjie binneland-in. Hier kan jy en jou gesin gaan stap, fietsry en selfs die bos invaar op verskeie 4x4-roetes. Die park strek oor verskeie landskappe – van die kus tot woude en riviere. Die Tuinroete en Overberg is dalk meer glansryk as die Suidkus, maar dié streek met sy ongerepte natuurskoo­n kom tans vinnig in die kraal. Die doel van die park is juis om die streek in die kollig te plaas, het Phelisa Mangcu, uitvoerend­e hoof van Ugu-Suidkus-Toerisme gesê toe die park in November amptelik geopen is. “Ons wil meer blootstell­ing gee aan die omgewing en meer besoekers lok.”

As jy ’n kultuurdie­r is, loer in by die WOWZulu-sentrum ( wowzulu.co.za) op die dorpie KwaNzimakw­e waar jy onder meer kan leer hoe om patrone op verskeie materiaals­oorte te druk (skermdrukw­erk), of stap teen die Shembeberg op vir ’n mooi uitsig oor die Mpenjatimo­nding. Die toer kos R280 p.p. (met middagete) en R200 p.p. (sonder middagete). Bespreek by 078 002 4786 (Nelly). Vind die sentrum by S30° 57 25.001 E30° 17 40.33

Waar? Die park en KwaNzimakw­e lê rofweg tussen Southbroom en Port Edward. Draai van die R61 af op Louis Botha-laan en dan op die Izongolwen­ipad. Die park is 6 km wes langs dié pad.

Koste Vir nou gratis.

Kontak 039 682 7944; tourismsou­thcoast.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa